Juandré, wat tans vir die Franse rugbyklub Toulon uitdraf, se vrou, Monique, het op Instagram bekendgemaak dat hul derde spruit gebore is.

Unreal ?? #blessed Harper Isabella @krugermonique #twitter

A post shared by @juandrekruger (@juandrekruger) on

Juandré het ’n oulike kiekie van hul pasgebore dogter gedeel en bekendgemaak dat die jongste toevoeging tot die Kruger-gesin Harper Isabella heet.

Die kleinding is op 15 Januarie gebore. Klein Harper het 3,6 kg by geboorte geweeg, verklap haar ma op Instagram.

Die paartjie het reeds ’n jaar oue seun, Carter, en ’n driejarige dogter Siénna Grace. Juandré en sy vrou deel gereeld die mooiste foto's van hul gesin op Instagram.

Baie lief vir julle engel #special2017??

A post shared by @juandrekruger (@juandrekruger) on

????

A post shared by @juandrekruger (@juandrekruger) on

??

A post shared by @juandrekruger (@juandrekruger) on

Juandré is ook 'n raakvat-pa wat gereeld uitstappies met sy kroos geniet. In Desember het hy vir die eerste keer in drie jaar gaan fliek en die eerste keer saam met sy oudste dogtertjie!

Veels geluk, julle twee!