Andriëtte het die nuus op Instagram gedeel en verklap dat die kleinman Glynn Andre Moolman heet.

"Gebore 08:31. Weeg 3,855 kg. Dankie Liewe Jesus," lui die inskrywing by ’n foto van haar en haar man, ook Glynn Moolman.

Glynn Andre Moolman.Gebore 08h31.Weeg 3.855kg Dankie Liewe Jesus.xxx

A post shared by Andriëtte Norman (@andriette.norman.official) on

Die inskrywings het reeds meer as 1 500 likes op Instagram en 2 000 likes op Facebook ontvang. Tussen die talle aanhangers se gelukwensings het sanger Emo Adams, die sangeres Leah en die aktrises Diaan Lawrenson en Nadia Beukes ook hul blydskap vir die paartjie se goeie nuus gewys. 

"Geluk," het die TV- en radiopersoonlikheid Elana Afrika-Bredenkamp met baie partytjie- en reënboogikone by die inskrywing laat hoor. Die voormalige Mej. Suid-Afrika Jo-Ann Strauss, wat onlangs die derde keer ma geword het, was ook onder die bekendes wat haar gelukgewens het.

Die paartjie het sowat drie jaar gelede getrou en het vroeër vanjaar aan Huisgenoot vertel dat hulle baie opgewonde is dat hul gesin nou ’n vyfde lid bykry.

Die egpaar se 19-maande oue baba Graham word vinnig groot. 

"Dis nogal vreemd om te dink binnekort is hy nie die enigste baba in die huis nie," het Andriëtte voor die nuweling se geboorte aan Huisgenoot gesê. Sy het vroeër gesê sy is seker die tweetjies gaan beste maats wees.

Amper n gesin van 5.xxxx #31wekeswanger

A post shared by Andriëtte Norman (@andriette.norman.official) on

Glynn, ’n biokinetikus, het ook ’n agtjarige seun, Nathan, uit ’n vorige verhouding. 

Baie geluk!