Gaby Perry, van Montréal, Kanada, word sedert sy 18 was vir die sangeres aangesien.

Dit was toe dat Gaby haar hare donkerbruin gekleur het en begin het om die Amerikaanse sangeres se styl na te aap – sy het selfs haar grimering nagedoen, berig The Talko.

Gaby (nou 24), wat die popster se van gebruik, word sedert haar gedaantewisseling dikwels vir die sangeres aangesien.

“As ek in die groter stede gaan inkopies doen, hoor ek gedurig om elke hoek en draai mense fluister dat ek soos Katy Perry lyk,” sê Gaby.

“Daar word gedurig na my gestaar, en ek word selfs gestop vir selfies; en ek bied gereeld selfies aan vir kinders wat my aangaap.”

Gaby het aan Story Trender vertel dat internettrolle haar dikwels daarvan beskuldig dat sy nie haar ware self wys nie.

“Ek is ’n yslike bewonderaar van Katy, en ek het sedert ek met haar verwar is, my beeld meer op haar gegrond,” sê Gaby.

“Die redes hiervoor is dat ek haar baie inspirerend vind en dat ons reeds baie na mekaar lyk; daarom was dit maklik.”

“Die grootste verskil tussen ons is dat ek heelwat korter is. Ek is slegs 1,61 m en Katy is 1,76 m.

“Tye wanneer ek haar op toer gesien het, het ek haar kostuums nagemaak, en ek het voorheen my grimering op hare geskoei, maar ek is beslis steeds ’n mens in eie reg.

“Mense het hul kommer uitgespreek dat ek probeer om iemand anders te wees, maar ek dink eerlikwaar dis ’n wanopvatting oor my.”

Maar noudat Katy, wat vir ’n Grammy benoem is, haar hare gesny en dit blond gekleur het, word Gaby, wat meer as 4 000 bewonderaars op Instagram het, nie meer so baie vir die sangeres aangesien nie.”

“Ek word nie meer so dikwels met haar verwar nie – ek lyk meer soos sy in haar California Gurls-dae gelyk het,” sê sy.

“Mense sê nou net meer kere hoe baie ek na Katy lyk en hulle verwar ons nie meer met mekaar nie.

“Ek hou baie daarvan om na haar te lyk, maar ek is terselfdertyd bly sy het haar hare afgesny sodat daar ’n groter verskil tussen ons is.”

Bronne: thetalko.com, storytrender.com, Instagram