Hul paadjies het glo die keer geskei omdat Selena se ma nie hul verhouding goedkeur nie, het ’n bron aan US Weekly gesê.

Die drama is egter glad nie verby nie.

Justin en Selena het in 2011 vir die eerste keer bekend gemaak dat hulle ’n paartjie is. Foto: Gallo Images/ Getty Images.

Justin sit duidelik nie in sak en as nie. Hy is Dinsdag met die model Baskin Champion (22) tydens ’n aandjie uit gekiek. Hoewel hulle as deel van ’n groep pelle die Britse musikant Craig David se konsert in Los Angeles bygewoon het, het Justin glo ogies vir Baskin gemaak, berig Daily Mail

????‍??

A post shared by baskin champion (@baskinchamp) on

Justin en Baskin het die meeste van die aand “saam uitgehang” en hy het tydens een liedjie “sy hand om haar heupe gesit en sy het later ook teen hom gedans”, het ’n ooggetuie aan Entertainment Tonight verklap. As die skindertonge geglo kan word, het Baskin ook sommer by die Biebs oornag.

@tirro_

A post shared by baskin champion (@baskinchamp) on

Terwyl die internet behoorlik oor Justin se moontlike nuwe liefie gons, dink hy glo steeds aan sy eks Selena, al het Baskin daardie aand by sy huis oorgeslaap.

“Hy sien nie iemand nie. Hy dink en praat die hele tyd oor Selena. Die hoofstuk met haar is definitief nog nie klaar nie,” het ’n vriend van Justin aan People vertel.

Volgens nog ’n bron is Justin bewus dat enigiets wat hy doen, in die media sal verskyn, berig Entertainment Tonight.

"Ek is seker daar is ’n deel van hom wat vir Selena jaloers wil maak," vertel die bron.

Bronne: US Weekly, Daily Mail, Entertainment Tonight, People.