George en sy gesin is tans op die eiland terwyl hy verfilm aan sy nuwe TV-minireeks, Catch 22, volgens The Sun

George is na die Johannes Paulus II-hospitaal gebring, maar is later ontslaan ná ’n reeks toetse op hom uitgevoer is, berig die Sardiniese dagblad La Nuova Sardegna. “Die akteur was op pad na die stel in Costa Corallina toe die kar hom getref het,” berig die plaaslike media.

In ’n foto wat op die toneel geneem is, is ’n bromponie sigbaar naby ’n stilstaande motor, waarvan die voorruit gekraak is.

George is moontlik deur die motor getref nadat dit naby ’n hotel vinnig van rigting verander het, berig Daily Mail.

George, sy vrou, Amal (40), en hul eenjarige tweeling, Alexander en Ella, bly op die oomblik in Sardinië terwyl hy aan die reeks werk. Hoewel daar nog nie baie inligting oor die ongeluk beskikbaar is nie, blyk dit uit die plaaslike media of George nie enige ernstige beserings opgedoen het nie.

La Nuova Sardegna het getwiet dat George sy knie in die ongeluk gekneus het. Daar lê glo 20 dae van mediese behandeling vir hom voor, luidens die twiet.

Bronne: Thesun.co.uk, lanuovasardegna.it, Dailymail.co.uk