Die ster het oor die angswekkende oomblik gepraat op die Londense première van sy nuwe minireeks, Catch-22, wat hy saam met sy vrou, Amal, bygewoon het. 

Clooney, vervaardiger en mede-regisseur van die verwerking van Joseph Heller se roman wat tydens die Tweede Wêreldoorlog afspeel, vertolk die rol van luit. Scheisskopf. 

Toe die 58-jarige akteur deur Metro UK gevra is wat die gevaarlikste situasie is waarin hy hom al bevind het, het hy vertel van die keer toe vuurwapens op hom gerig is.   

“Ek het heelwat tyd in Afrika suid van die Sahara deurgebring en is uit trokke geruk deur ouens wat vuurwapens op my bors gerig het,” het hy gesê. 

“Ek was in 'n paar goor situasies. Ons het onder meer aandag op Suid-Soedan probeer vestig,” het hy gesê. “Dis ’n klein groep mense, en gek goed kan gebeur.

“Daar was baie van daardie ‘O, wel, dis dalk dit’ en dit was deel van die lewe, van wat jy doen.” 

Volgens Grazia het die Oscar-wenner onlangs in 'n onderhoud op Jimmy Kimmel Live! gerugte nek omgedraai dat hy die peetpa van die hertog en hertogin van Sussex se baba sou wees. 

“Dit sou ’n slegte idee wees,” het hy gesê.

“Ek behoort nie die (peetpa) te wees nie. Ek is die pa van ’n tweeling; ek kan dit skaars doen.”

Toe voeg hy by: “Ek gaan nie die peetpa wees nie. Ek belowe julle dit. Ek’s taamlik seker.” 

Bronne: Metro UK, Grazia