“Mag ek vra dat julle vir my dogtertjie, my vrou en ook vir ons as gesin sal bid. Ná twee dae en twee nagte van erge koors en geen slaap is ons babadogtertjie, Zaniq, opgeneem,” het Gerhard op sy Instagramblad geskryf. 

Volgens sy ma, Tilla Enslin, wat ook sy bestuurder is, wil die gesin nie bekend maak in watter hospitaal sy opgeneem is nie. Sy is Donderdag opgeneem. 

“Ek mag glad nie in die hospitaal ingaan nie,” skryf Gerhard verder. 

“Ek het hulle kamervenster gaan soek soos my vrou, Zelri, beduie het en uit die tweede verdieping se parkeerarea met hulle gevideocall

“Natuurlik, met als wat aangaan, word hulle dadelik onder kwarantyn geplaas as ’n voorsorgmaatreel. As dit by my gesin kom, voel dit of niks anders saak maak as om by my vrou en klein baba in die hospitaal te wees nie. Zaniq is ’n kelin fighter en my vrou ’n beauty en ’n yster.” 

Tilla sê Zaniq is vir virale en bakteriële infeksies getoets. Hulle wag nog op die uitslae. 

“Sy ontvang gelukkig medikasie, en die koors is nou onder beheer.” 

Gerhard en sy vrou, Zelri, het nog ’n dogtertjie, Zardi (3), wat tans saam met Gerhard by die huis bly terwyl ma en dogter in die hospitaal is. Hy sluit sy plasing af deur te sê hoe baie hy hulle mis. 

“Ek mis my dogtertjies en die laggies, drukkies en soentjies wat nog vanoggend op my gereën het.” 

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.