"Vandag is hierdie mooiste liefkind van ons ’n volle twee jaar oud! Wat ‘n reis was dit nie! Baie geluk met jou verjaarsdag ons mooiste Prinses Zardi, ons bid God se rykste seën oor jou lewe!

"Mag die Here jou beskerm, en vir my en mamma nog baie jare gespaar hou! Jy's die amazingste dogtertjie... Ons het jou soooo lief!" skryf Gerhard op Instagram by ’n collage kiekies van Zardi. 

En dit lyk of die gesin die kleinding se verjaardagpartytjie omtrent geniet het. Gerhard het Sondag ’n reeks foto's op Instagram gedeel waar hulle Zardi se eerste partytjie vier. Dit blyk of sy Maandag ook ’n partytjie het.

"Wat ‘n lekker middag om ons pop se verjaardag te vier! Môre hou ons behoorlik partytjie!" skryf hy. 

Ons is bly om te sien klein Zardi is fris en gesond. Sy was in November 2017 vir vier dae in die hospitaal weens ’n erge maagkiem. 

"Prinses Zardi", soos haar pa haar noem, het net 1,2 kg geweeg toe sy op 14 April 2016 op 33 weke gebore is. 

Die trotse pa deel gereeld die mooiste foto's van sy klein prinses. 

Dis lekker by die see ?????? #onsbeurt #prinseszardi #pappaenmamma #vakansie2018

A post shared by GerhardSteyn (@gsgerhardsteyn) on

My mooiste klein HARTVANGER!!!#prinseszardi #hartvanger #godsprincess

A post shared by GerhardSteyn (@gsgerhardsteyn) on