Maar weg van die kameras is die karakters se liefdesrolle eintlik presies omgeruil.  

Marijke en Werner is verlede maand in die buitelug by Fouriesburg in die Oos-Vrystaat getroud, terwyl Zetske en Altus in Januarie hul agste huweliksherdenking gevier het.

Foto: RDK Photography
Werner en Marijke oomblikke nadat hulle amptelik tot man en vrou verklaar is. Foto: RDK Photography

“Die publiek wil dikwels by ons hoor oor ons rolle wat op die kassie omgeruil is,” sê Marijke.

“Mense kan soms nie verstaan hoe ons so gemaklik daarmee is nie,” lag sy. “Maar dis ons werk en ’n mens bly professioneel.”

Die vierstuks kom almal baie goed met mekaar oor die weg en kuier ook gereeld weg van die stel af saam. 

“Ek en Altus werk al jare saam. Ons verstaan mekaar en is baie gemaklik met mekaar. Dis baie makliker om ’n paartjie op die kassie eg uit te beeld as ’n mens vriende is en goed oor die wegkom.”

“Dis vir my heerlik om teenoor Zetske te speel,” vertel Marijke. “Dis veral vir my lekker dat sy in die sepie my suster vertolk. Ons werk baie goed saam. Dit voel gemaklik en sonder moeite. Ek is is baie lief vir my TV-sussie."

Die onderskeie akteurspaartjies het by Marijke en Werner se onlangse troue so tussendeur die bruidspaar se troufoto’s vir ’n oomblik in karakter geklim. 

In een foto poseer Marijke asof sy en Altus verliefdes is en Werner asof hy en Zetske ’n paartjie is – net soos hul sepiekarakters. 

“Dit was Altus se idee,” vertel Marijke. “Ons het gedink dit sal ’n grappige foto wees om vir ’n oomblik in karakter te klim.” 

Sy het die foto in die sosiale media gedeel en heelwat aanhangers meen dat sy soos Altus se suster lyk, terwyl Zetske weer as Werner se suster kan deurgaan. 

“Ons lyk nogal na mekaar,” lag Marijke.  

En het haar spoggerige TV-troue met Fafa in 2017 haar dalk voorberei vir haar onlangse troue in die regte lewe?

"Nie regtig nie. My en Werner se troue was glad nie tradisioneel nie. Ons wou iets anders doen. Die dag het ons liefde vir mekaar, vir die natuur en berge uitgebeeld."

Foto: RDK Photography
Met hul groot dag nou verby, het al hul wense waar geword, sê Werner en Marijke. Foto: RDK Photography

Daar was op hul troue geen uitgerekte toesprake nie, en ook nie 'n eerste dans by die onthaal later nie. Vir hulle het dit gegaan oor 'n feesviering saam met die mense vir wie hul die liefste is.

"My en Altus se TV-troue was beslis meer tradisioneel,” meen Marijke.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.