Maar later vandeesmaand gaan dit verander wanneer Gideon en Nina Bekker, gespeel deur David Vlok en Jocelyn Broderick, die verfkan nader trek. 

“Die vervaardigers het gevoel dis tyd vir ’n nuwe era in die Bekkers se lewe en om vir die kykers ’n nuwe huis te gee,” sê Rudo van Heerden, publisiteitsbeampte van Getroud met Rugby. 

Getroud met Rugby se Gi­deon en Nina Bekker (David Vlok en Jocelyn Broderick) in hul huis soos dit gelyk het. Foto: Verskaf

Hy en Soné Combrinck, medevervaardiger van die sepie, het die taak op hande geneem om te besluit wat by die Bekkers, wat die Vrystaat twee jaar gelede vir Gauteng verruil het, sal pas en op kamera sal werk. 

Die karakters het hard gewerk om ’n meer spran­kelende en moderne voorkoms te skep.  Foto: Verskaf

In die sepie gaan Nina en Gideon saam inspring om die verandering te maak. Hulle vervang die vuilgeel mure met ligte kleure en rond dit hier en daar vir kontrastering met ’n paar vlootblou aksentmure af.

Hulle maak skoon en raak ontslae van goedjies wat oral rondstaan deur dit met eenvoudige items, soos ’n blompot of fotoraam van die gesin, te vervang.

Nina is in haar skik met die uitkoms. Foto: Verskaf

Oorbodige meubels word verwyder om beweegruimte te skep, terwyl die nuwe meubels in die voorhuis neutraal en modern is. 

Ná al die harde werk word lekker gekuier in die huis met sy nuwe voorkoms. Reitz (Sean van Noordwyk, links) en Daniel (Stefan Vermaak) kuier in die sitgebied, ­terwyl Kate Roothman (Anna, naaslinks) en Chrissie (Melissa Willering) saam met Nina in die kombuis besig is. Foto: Verskaf

En dankie tog vir nuwe blindings en gordyne. Dit het eindelik tyd geword vir daardie vaal blomgordyne om te waai.