Die foto is in sosiale media geplaas nadat albei M
Die foto is in die sosiale media geplaas nadat albei Marc Buckner se honde dood is. Foto: Verskaf

JC Hancke (32), wat al agt jaar langs die promenade in Seepunt woon, het nie geweet wie Marc Buckner en sy meisie, Marisia van Wyk, is toe iets vir hom sê om stil te hou en terug te draai na die ongelukstoneel nie.

“Dit was baie sleg. Gewoonlik stop ek glad nie by sulke situasies nie. Ek weet nie waarom ek teruggedraai het nie,” vertel hy.

Huisgenoot het Dinsdag berig hoe Marc Buckner (37) van M-Net se werklikheidsreeks The Bachelor SA en sy spraakterapeutmeisie, Marisia (25), by wie hy aan die einde van die tweede seisoen liefde gevind het, se geliefde honde Sondag saam dood is.

Die laaste TV-aand saam voor Marc sy keuse moes ma
Die laaste TV-aand saam voor Marc sy keuse moes maak.

Marc het Luna in 2018 voor sy verskyning op The Bachelor aangeneem. Kykers het haar in die tyd goed leer ken en sy het selfs haar eie Instagramblad met meer as 4 000-volgelinge gehad.

Marc Buckner, tragies, doodgery, hond, Luna
Marc Buckner by sy geliefde hond Luna. Foto: Instagram

Hy en Marisia het daarna vir Siobhan saam gekry.

Die gebroke paartjie het nog nie kans gesien om Huisgenoot te woord te staan nie.

JC, wat op die toneel afgekom het, het wel met Huisgenoot gepraat en vertel hoe die traumatiese voorval ontvou het.

’n Fratsongeluk

JC vertel dit was waarskynlik ’n fratsongeluk.

“Dit het Sondag vroegaand gebeur. Ek en my vriend het in Beach Road by die promenade gery op pad na my woonstel toe ons sien die motor staan daar. Ek het een hond agter die kar gesien en die vrou (Marisia) ook. Die ander hond het nog voor die kar gelê."

Hy vertel toe hy terugdraai om te gaan help, het hy gesien hoe Marc en Marisia elkeen met ’n hond in hul arms oor die straat hardloop.

“Ek het dadelik probeer om so gou moontlik by hulle uit te kom. Ek het dadelik geskree hulle moet die honde na my kar bring, want ek het nie geweet of hulle by hul eie kar is nie. Geen ander voertuie het stilgehou nie. Ek het my noodligte aangesit en na die naaste veearts, waarvan ek weet, gery.” 

JC vertel die man en vrou, wat hy eers later verneem het Marc en Marisia was, was baie getraumatiseer.

“Albei was in ’n vreeslike, vreeslike toestand. Dit was nie ’n maklike ding nie. Hulle het vreeslik gehuil.”

JC vertel hy bly ook oorkant die promenade en gaan stap gereeld daar met sy eie twee hondjies.

“Albei was in ’n vreeslike, vreeslike toestand. Dis nie ’n maklike ding gewees nie. Hulle het vreeslik gehuil.”

“Ek het vir my vriend gesê hy moet ook uitkyk vir ’n veearts wat oop is, maar hy kon nie. Seker ses minute later, toe ons by die veearts kom, was dit toe. Ons het die noodnommer geskakel, maar moes hoor die naaste noodveearts is in Kenilworth of Panorama, wat seker ’n halfuur se ry is."

Hy vertel een van die honde is reeds op pad na die veearts dood en die ander ’n paar minute later toe hulle die noodnommer bel. 

“Daar is soveel emosies en goed wat deur ’n mens se kop gaan. Daar was toe nou verder niks om te doen nie. ’n Mens se moed het heeltemal in jou skoene gesak. Ons is toe terug na hulle kar en daar het ons paadjies geskei, want wat meer kan 'n mens doen?”

Hartseersaak

“'n Mens kan nie vinger na hulle wys om te sê hulle was onverantwoordelik nie. Dit kon net sowel met my ook gebeur het. My een Pekinesie is baie woelig en ek probeer altyd op die promenade so na as moontlik aan hom bly dat hy ook net 'n bietjie kan hardloop."

Hy vertel verskeie mense in die sosiale media het bevraagteken hoekom die paartjie se honde nie aan ’n leiband was nie.

“Dis blatante nonsens, want net daar waar die ongeluk gebeur het, is ’n groot grasperk waar jy jou honde van ’n leiband mag afhaal. Al die honde speel altyd daar met mekaar en strek daar."

JC kan nie sê watter soort voertuig betrokke was nie, maar vertel dit was ’n “klein, ouerige motor” met twee insittendes. “Hulle het gestop en uitgeklim. Ek glo hulle was sekerlik net so geskok.

“Mense gaan baie aan dat die betrokke bestuurder te vinnig gery het. Ek glo dit nie noodwendig nie. Ek glo as hulle het, sou die honde baie slegter gelyk het. Van waar hul motor gestaan het, dink ek nie hulle sou die honde kon sien nie.

“Daar was ’n meter afstand tussen die karre wat langs die promenade geparkeer staan en waar hulle in die pad getref is. Ek glo of hulle 30 of 60 km/h gery het, hulle sou nie betyds kon stop nie. Dis hoekom ek dink dit was dalk ’n fratsongeluk."

JC vertel hy het wel ’n noodroep vir spoedhobbels gedoen.

“Die ding is mense hou oor die algemeen nie daar by die spoedgrens van 50 km/h nie. Ek glo dit kan regtig help. Ek het al hoeveel keer gesien hoe kinders daar oor die pad hardloop of met hul fietse ry of waar honde per ongeluk oor die pad hardloop. Dis wat my frustreer. As dit 'n kind was, kan ek jou belowe was daar nog ’n groter bohaai.”

Getraumatiseer

“Ek kan net dink wat as dit ek was. As 'n mens dalk net een kon gered het . . . Dis nog baie moeilik om te verwerk: twee honde op een slag. Ek sou nie kon gecope het nie.

JC Hancke, wat self die eienaar van twee hondjies is, het Marc en Marisia te hulp gesnel. Foto: Facebook
JC Hancke, wat self die eienaar van twee hondjies
JC Hancke, wat self die eienaar van twee hondjies is, het Marc en Marisia te hulp gesnel. Foto: Facebook

“Drie jaar terug is een van my honde ná agt jaar dood. En ek kon vir twee weke nie werk nie. Ek het letterlik wakker geword en gehuil. Ek het gaan slaap en gehuil. Ek het toe ek daardie aand by die huis kom net my eie twee honde gegryp en vasgedruk.”

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe