Paul en Natasha Jordaan se tweede dogtertjie is op
Paul en Natasha Jordaan se tweede dogtertjie is op pad. Hul eersteling, Ivy, is in Desember 2018 gebore. Foto: Instagram

Paul het in Mei die babanuus in die sosiale media bekendgemaak.  

“Dis ’n dogtertjie. Ivy kry ’n kleinsus,” het Paul by ’n foto van hom, sy vrou, Natasha, en hul eersteling, Ivy Mae (1), geskryf.

View this post on Instagram

Its a girl ?? Ivy is getting a lil Sister ?? #inlovewithmygirls

A post shared by P??? J?????? | K??? | F????ss (@pauljordaan) on

Natasha het onlangs op Instagram gesê sy is nou al byna 30 weke swanger.

"My swangerskap vlieg en my mammahart is sowel opgewonde as angsbevange oor hoe Ivy al die verandering gaan hanteer," skryf Natasha. "Sal sy versot wees op haar babasuster of gaan sy haar ma verwyt vir al die tyd wat ek met babasussie gaan deurbring? Gaan sy verstaan? Al hierdie mammagevoelens en vrese," skryf Natasha verder in haar inskrywing.

Natasha en Paul is in 2017 getroud. Paul, 'n boorling van die Oos-Kaap, het die Sharks in 2016 verlaat om by die Franse klubspan La Rochelle aan te sluit. Hy het in 2019 sy rugbystewels opgehang.

Hy het aan SA Rugbymag vertel dat hy teruggekeer het na Suid-Afrika om te help op sy familieplaas buite Cradock in die Oos-Kaap. 

“Ek voel ek het rugby op my eie terme verlaat. Ek is nie uitgedwing nie, ek het dit op my eie terme gedoen en nou doen ek iets waarvoor ek regtig lief is. So dit was nie eintlik so moeilik nie,” het hy aan SA Rugbymag vertel. 

View this post on Instagram

What an incredible 3 years it has been. ? Rugby has taken me many places. ? I clearly remember the preseason super rugby games I played in Toulouse & Toulon in my last season at the Sharks, I came home to tell Tash “I will never move to France to play rugby” this was purely based off the freezing cold winters ?? little did I know that same year I would be moving to La Rochelle, France. ? What a journey, a place that helped me grow not only as a player but as a person. I have had extreme lows & incredible highs during the past 3 years both on & off the field. I have made incredible friends, that are now family. Each & everyone of you have impacting my life in some way, for that I am so grateful. The club for giving me the opportunity to live abroad & do what I love. The supporters- you guys are like nothing I have ever experienced. The French have such passion. ? We have traveled & seen places, we got married & had our perfect little Ivy Mae. Our little French baby. We got to experience a new culture & way of life. What an incredible chapter it has been. ? But as they say, when one door closes another door opens. We are excited about our next chapter, about being close to our family again. For now we will be heading back to the farm, a place I have longed for & missed for the past 20 years. ? France you will be missed, Bon Voyage for now. Hopefully back for a holiday one day ??

A post shared by P??? J?????? | K??? | F????ss (@pauljordaan) on

In klein Ivy het Paul die oulikste oefenmaat gevind. Paul deel gereeld in die sosiale media foto’s en video's van sy fiksheidsroetines, en Ivy maak haar verskyning in ’n hele paar daarvan. 

Hy maak ook tyd om sy skattige kleinding ’n paar danspassies te wys. 

“Deel van ons oggendroetine,” skryf hy by hierdie video waar hy en Ivy sokkie. 

In Maart vanjaar het Paul ook ’n spesiale boodskap aan sy dogtertjie op Instagram gedeel. 

“My beste gevoel is dat ek ’n klein stukkie van jou is, Ivy. Ek sal jou altyd veilig en beskerm laat voel. Ek sal enigiets vir jou regmaak. Ek sal jou optel wanneer jy val. Ek sal streng en sensitief wees.

“Jy het ’n plek in my hart wat niemand anders kan hê nie. Alles wat ek besig is om te word, het jy my gehelp om te wees. 

“Jy het my hart sag gemaak op ’n manier wat ek nooit gedink het moontlik is nie. Pappa is lief vir jou,” het hy laat hoor. 

 Ekstra bron: SARugbymag.co.za