Dié twee beplan om langer as ’n maand talle lande te besoek en is op die oomblik in Meksiko. Hulle het in Amsterdam begin en wil nog Manchester en Los Angeles ook besoek voor hulle op 10 September terugkeer na Suid-Afrika. 

Danny het verlede week ’n inskrywing van hom en sy meisie op Instagram geplaas waar hulle gereedmaak vir hul vakansie. 

“En ons is op pad! Amsterdam>Manchester>Mexico>LA. So geseënd om ’n reisgenoot en bestie in my meisie te kon vind! As jy tussen 1 Augustus en 10 September in enige van hierdie lande is, sê vir my hallo! Hoe voel ek? ALLES! Ek is op pad om die wêreld te verken; so stuur asb. goeie vibrasies na my kant toe! Gracias,” het hy by ’n geheimsinnige foto geskryf van hom en sy meisie wat van agter geneem is. 

Dit lyk asof hy die kaas en beskuitjies geniet wat op die vliegtuig uitgedeel word. 

Hy het selfs ’n selfie geneem van waar hy die Netflix-aksierolprent 24 Hours to Live, waarin hy teenoor die Amerikaanse veteraanakteur Ethan Hawke speel, op die vliegtuig kyk. 

“Kyk, ma, ek het die vliegtuig se flieklys gehaal,” het hy geskryf. 

Dié fliek waarin hy ’n klein maar gesogte rol vertolk, is hoofsaaklik in die Kaap verfilm. Danny het vroeër vanjaar eksklusief aan Huisgenoot vertel hy het die geleentheid gehad om ’n bietjie met die Hollywood-akteur te gesels, veral toe hulle saam in ’n motor ’n toneel geskiet en dit begin reën het.

Die verfilming moes ’n rukkie lank gestaak word en hulle het die tyd goed benut om mekaar te leer ken. 

Danny en sy meisie, wie se identiteit hy probeer beskerm, het selfs Spaanse taallesse vir hul tyd in Mexiko geneem. 

“Op pad na Mexiko! Eerste stop: Cancun. Die Spaanse lesse beter nou werk! Vamos hablar en Espanol todos dias, 

Jajajajajaja, [wat beteken: ‘Ons praat elke dag Spaans, Hahahaha’],” het hy geskryf. 

Lees ook ons diepte-onderhoud met Danny Ross oor sy werk as akteur en hoe die afsterwe van sy pa hom diep geraak het.