Die ontslape Glee-aktrise Naya Rivera en haar eksm
Die ontslape Glee-aktrise Naya Rivera en haar eksman, Ryan Dorsey, het tot haar onlangse dood toesig gedeel oor hul seun, Josey Hollis Dorsey. Foto: Getty Images/Gallo Images

Daily Mail berig dat Ryan Dorsey (37) en sy voormalige skoonsuster, Nickayla Rivera (25), in September gewaar is waar hulle Ryan se besittings vanaf sy ou huis in San Fernando-vallei in Los Angeles geskuif het na hul nuwe blyplek, sowat 30 minute van daar af.  

View this post on Instagram

Always... ??

A post shared by NICKAYLA RIVERA (@nickaylarivera) on

Naya (33) het in Julie vanjaar tragies verdrink nadat sy met haar en Ryan se vyfjarige seuntjie, Josey, op ’n bootuitstappie op die Piru-meer in Kalifornië was. Josey is later daardie dag alleen op hul gehuurde boot gevind en Naya se lyk is op 13 Julie in die waters van dié meer gevind.

Ryan en Naya is in 2014 getroud, maar is in 2016 uitmekaar. Volgens E! News het Ryan nou alleentoesig oor hul seun, Josey. 

Volgens eksklusiewe foto’s wat deur Daily Mail verkry is, woon Nickayla en Ryan nou in ’n drieslaapkamerhuis waar hulle saam na Josey omsien. 

Die twee is ook in winkels gesien waar hulle hande vashou en mekaar terg. 

“Hulle lyk baie gemaklik met mekaar en is duidelik besig om mekaar deur ’n baie moeilike tydperk te help. Hulle het rondgespeel en die hele tyd gesels. Hulle help duidelk om mekaar beter te laat voel,” het ’n ooggetuie aan Daily Mail vertel. 

Nickayla, ’n model, het Maandag in die sosiale media uitgepraat nadat die gerugte die eerste keer versprei het. Sy het hierdie inskrywing op haar Instagram-profiel gedeel: "In die donkerste tyd van my lewe is al wat belangrik is my vriende en familie. Om daar te wees vir my susterskind, al kan ek nie daar wees vir myself nie," skryf Nickayla op Instagram.

“Ek gee nie om hoe dinge lyk nie, want niemand sien elke pynlike oomblik waardeur ons almal gaan nie.

“Ek het geleer wat die meeste saak maak is om deernis te toon, om ander nie te oordeel nie en om nooit enige oomblik in die lewe as vanselfsprekend te aanvaar nie," skryf sy verder.

“Ek hoop julle kan almal dieselfde doen.”

View this post on Instagram

sunday best | ??

A post shared by NICKAYLA RIVERA (@nickaylarivera) on

Ryan het op sy beurt nog niks gesê om die onthullings aan te spreek nie. 


Bronne: Daily Mail, E!