“Ryan slaap skaars,” het ’n bron na aan die akteur gesê. “Dis net ’n nagmerrie. Al was hy en Naya nie saam nie, is dit Josey se ma. Josey het sy ma nodig. Dis ’n verpletterende situasie,” het die bron vertel.

Ryan en Naya was van 2014 tot 2018 getroud.

Ryan en Naya was van 2014 tot 2018 getroud. Foto:
Ryan en Naya was van 2014 tot 2018 getroud. Foto: Getty Images/Gallo Images

Naya (33) het vroeër vandeesmaand vermis geraak tydens ’n bootuitstappie saam met Josey by die Pirumeer in Ventura, Kalifornië.

Die polisie het die Glee-aktrise se liggaam vyf dae ná haar verdwyning gevind. Josey is alleen in die boot aangetref, maar die polisie het gesê “dit gaan fisiek goed met hom” en dat hy met sy pa herenig is.

Hulle het bevestig Naya het waarskynlik gesterf terwyl sy haar jong seun probeer red het.

Naya en Josey in 2019. Foto: Getty Images/Gallo Im
Naya en Josey in 2019. Foto: Getty Images/Gallo Images

Volgens Bill Ayub van die Ventura-polisiekantoor is die waarskynlikste scenario “dat sy net genoeg energie gehad het om haar seun terug op die boot te kry, maar nie genoeg om haarself te red nie”.

“Ons weet uit ons gesprek met haar seun dat hy en Naya in ’n stadium saam in die meer geswem het,” het hy op ’n media-konferensie gesê.

“Dit was in daardie tyd, het haar seun vertel, dat Naya hom in die boot gehelp het deur hom van agter te lig. Hy het aan ondersoekbeamptes vertel hy het terug- gekyk en gesien hoe sy onder die oppervlak van die water verdwyn.”

Bronne: ETONLINE.COM, PEOPLE.COM, DAILYMAIL.CO.UK
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe