Naya en Ryan was van 2014 tot 2018 getroud. Foto:
Naya en Ryan was van 2014 tot 2018 getroud. Foto: Gallo Images/Getty Images

Ná berigte dat Ryan (37) en Nickayla (26) saam ingetrek het terwyl hulle na Ryan en Naya se seun, Josey (5), omsien – wat volgens hom tot bitsige aanlyn boodskappe gelei het – het hy hul saamblyery op Instagram verdedig.

“Josey het my gevra of Titi by ons kan bly, want sy is nou die naaste ding wat hy aan ’n ma het,” sê Ryan, wat vanaf 2014 tot 2018 met die Glee-aktrise getroud was, in die video. “As enkelouer wat jou loopbaan probeer bou en hierdie ramp met jou kind probeer verwerk, gaan jy al die hulp benodig wat jy kan kry.”

Nickayla Rivera. Foto: Gallo Images/Getty Images
Nickayla Rivera. Foto: Gallo Images/Getty Images

Nickayla het haar en die akteur se hegte band ook verdedig. “Ek steur my nie aan hoe dinge lyk nie, want niemand sien elke pynlike oomblik wat ons almal verduur nie,” het die model op Instagram geskryf.

“Wat die belangrikste is, is om deernis te betoon, nie ander te veroordeel nie en om nooit ’n oomblik as vanselfsprekend te aanvaar nie.”

Bronne: PEOPLE.COM, DAILYMAIL.CO.UK, EONLINE.COM,PAGESIX.COM, PEOPLE.COM