Die twee het onlangs saam gaan draf nadat die akteur bevestig het hy en die aktrise Mia Goth (24) is uitmekaar.

Die Transformers-ster se verteenwoordiger beweer Shia (32) en die Suspiria-akrise het onlangs om ’n egskeiding aansoek gedoen. Dis net twee jaar nadat hulle in Las Vegas deur ’n Elvis-naboot­ser in die eg verbind is. Die troue is regstreeks deur ’n stroomdiens uitgesaai.

Shia en Twigs (30), wie se regte naam Tahliah Barnett is, het mekaar vroeër vanjaar op die stel van Honey Boy ontmoet, ’n nuwe bio-prent wat Shia geskryf en geregisseer het.

Al het die twee nog nie oor die status van hul verhouding kommentaar gelewer nie, het dit nie gelyk of hulle omgee wie hulle sien toe hulle by Twigs se woonstel in Londen uitstap nie.

Kort daarna is die twee saam afgeneem tydens 'n wandeling in Parys, Frankryk.

Shia en FKA Twigs op 'n uitstappie langs die Seine-rivier in Parys, Frankryk, op 30 September 2018. Foto: Gallo Images/Getty Images.

Enkele dae nadat die twee hul romanse bekend­gemaak het, het Mia in die openbaar verskyn saam met haar High Life-medester, die Twilight-akteur Robert Pattinson, met wie Twigs verlede jaar uitgemaak het nadat hulle twee jaar uitgegaan het.

Praat van ingewikkeld!