Nie Russell Crowe nie . . .

Vir die 54-jarige ster van Gladiator, wat in 2012 ná ’n huwelik van nege jaar van Danielle vervreem is, was dit eerder ’n geleentheid.

Hy het ’n Sotheby’s-veiling getiteld The Art of Divorce gehou. “Egskeiding laat jou besin oor die dinge wat noodsaaklik is in die lewe – en ook dit wat nie belangrik is nie,” sê hy in ’n verklaring.

Russell en sy (nou) eksvrou. Foto: Gallo Images/ Getty Images

“Ek het besef ek het baie dinge: dinge wat ek versamel het, en net dinge oor die algemeen.”

Die veiling, waartydens ook rolprentgedenkwaardighede, kuns, musiekinstrumente, sy eksvrou se juweliersware en motors verkoop is, het ’n stewige R35 miljoen in een aand laat inrol.

Die pa van Tennyson (11) en Charles (14) het later getwiet die geld is “nie ’n slegte uurlikse betaling vir ’n vyfuurskof nie”.

R51 000

’n Lewensgrootte- perdreplika wat in Gladiator gebruik is.

Foto: Sotheby's Australia

R70 000

Die TV-aanbieder Piers Morgan het Shane Warne se kriekettrui gekoop.

Foto: Sotheby's Australia

R65 000

’n All Black-rugbytrui met wyle Jonah Lomu se handtekening.

Foto: Sotheby's Australia

R1,16 miljoen

’n Aanlyn bieër het die wapenrusting gekoop wat Russell in Gladiator gedra het.

Foto: Sotheby's Australia

R65 000

’n(Gebruikte) liesband van leer uit sy 2005-fliek, Cinderella Man.

Foto: Sotheby's Australia

R28 000

Die agterkant van Denzel Washington se stoel vir die fliek American Gangster.

Foto: Sotheby's Australia

R605 000

’n Mosasaurus-skedel wat vroeër aan Leonardo DiCaprio behoort het.

Foto: Sotheby's Australia

Bronne: DailyMail.co.ukSothesbyaustralia.comElle.comUSmagazine.comStandard.co.ukIndependent.co.ukEonline.com