View this post on Instagram

Cape Town ??

A post shared by Morgan Deane (@morgandeane) on

Morgan (35), die eksvrou van die voormalige Proteas-krieketkaptein Graeme Smith, en die Ierse musikant Glen Power (40), koer omtrent op foto's wat Morgan van hulle saam hier in Kaapstad in die sosiale media gedeel het.

Glen is 'n lid van die Ierse musiekgroep The Script, wat in Mei verlede jaar hier in Suid-Afrika opgetree het. Hulle is bekend vir treffers soos Hall of Fame en The Man Who Can't Be Moved.

Morgan en Graeme (38) het in 2011 afgehaak, maar is in 2015 geskei. Sy het ’n webjoernaal begin skryf met die naam The Green Girl's Guide to Divorce om ander vroue te help wat deur ’n egskeiding gaan. Hulle het 'n dogter en seun saam. Glen het ook ’n seuntjie. 

Die nuwe man aan haar sy bring duidelik ’n vonkel in Morgan se oë. Maar wie is die man wat die ma van twee se hart gesteel het? Hier is vyf dinge wat jy oor Glen moet weet:

1. Hy is ook Iers en deel van ’n musiekfamilie

“My pa was ’n sanger. Hy het ook die trekklavier gespeel. As kind het ons aan tafel gesit en my pa het met sy hande daarop getik op maat van iets wat op die radio speel. Ek het hom nageaap en ek glo dis waar dit vir my begin het. Dit was die grondslag vir die basiese ritme in my,” het hy aan die webtydskrif Behind The Hype gesê.

2. Hy het op agt die tromme begin speel

“Ek was eintlik baie skaam. Dis dalk hoekom ek agter die tromstel beland het,” het Glen aan Behind The Hype vertel. Hy kan ook kitaar speel en het al gesing.

3. Hy was in ’n ongeluk waarin hy kopbeserings opgedoen het

Nie lank ná die eerste album van The Script nie, het Glen iets saam met sy ouers gaan drink. Toe hy badkamer toe gaan, het hy gegly en sy kop op die wasbak en marmervloer gestamp. Terug by sy ouers het hy gesê hy is oukei, maar hulle het hom in elk geval hospitaal toe geneem.

’n Paar ure later het hy versengende hoofpyn gekry. “My neus het begin bloei en die gehoor in my regteroor het verdwyn. Hulle het my kop laat skandeer en ek moes dadelik 'n operasie ondergaan. Ek het my skedel op twee plekke gebreek, wat veroorsaak het dat die bloedvate daaronder gebars en ’n bloedklont veroorsaak het.

Hy was nege dae in die hospitaal. “Ek het nou titaanplate in my kop. Dit het my baie geleer en laat kalmeer. Ek bekommer my nie meer so baie soos voorheen nie,” het hy aan Drummer Magazine vertel.

View this post on Instagram

??

A post shared by Morgan Deane (@morgandeane) on

4.  Hy is ’n geheelonthouer

Hy is ontspanne oor hy ophou drink het. “Ek dink alles het ’n raklewe en ek dink ek het al my bierkoepons opgebruik.” Hy onthou wat hom laat besluit het om op die waterkar te klim.
“Ons het in die O2 in Londen voor 20 000 mense opgetree en wat een van die hoogtepunte in my loopbaan moes wees, het my net goor laat voel. Ek onthou ek het op die rand van die verhoog gestaan en al die gelukkige mense in die gehoor gesien en ek was miserabel.”

5.  Hy is goed in die kombuis

Hy is goed met kos, het The Script se hoofsanger, Danny O’Donoghue (38), al vertel. Sy beste gereg is kerrie. Vroue hoef nie soggens vir Glen ontbyt te maak nie; hy doen dit self.” 

Bronne: channel24.co.za, irishtimes.com, thescriptbible.wordpress.com, algoafm.co.za