In die kiekie sit klein Sebastien fopspeen in die mond op sy pa se arm terwyl hy vir “baba Biff” soos hy sy kleinding noem, ’n les gee in potjiekos maak.

Meer as 3 500 mense het al van die foto van pa en seun gehou.

Braai hou ’n spesiale plek in Graeme se hart en ons is seker klein Sebastien was gretig om by sy pa te leer.

Graeme het in 2016 die maatskappy Biff’s Big 6 begin, wat braaihout en houtskool verskaf.

Die vorige foto wat Graeme van Sebastien gedeel het, was op dié kleinding se eerste verjaarsdag op 21 Desember 2017. 

Sebastien is Graeme se derde kind en eerste spruit by Romy Lanfranchi. Graeme en dié Kaapse prokureur is sedert die begin van 2016 in ’n verhouding.

Have a wonderful Easter everyone ?????

A post shared by Graeme smith (@graemesmith49) on

Graeme se eksvrou, die Ierse popsangeres Morgan Deane, is die ma van sy ander twee kinders Cadence (5) en Carter (4).

??

A post shared by Graeme smith (@graemesmith49) on

Busy month of birthdays- my princess is 5 today ??????????

A post shared by Graeme smith (@graemesmith49) on

My champion is 4 today! ????????

A post shared by Graeme smith (@graemesmith49) on

Watching wild dog last night with the bug #ntsiri ?

A post shared by Graeme smith (@graemesmith49) on

Hulle is in Maart 2017 na ’n huwelik van byna ses jaar amptelik geskei.