Soos die Bok van Blerk-rugbyliedjie lui: "Wie trou dan op ’n final?". Duidelik Graeme en Romy.

Graeme (38) het op Instagram laat val hulle trou Saterdag, dieselfde dag dat die Springbokke Engeland in die Wêreldbeker-eindstryd in Jokohama in Japan aanpak.

Graeme het Woensdag op Instagram 'n foto van hom en Romy met sy 239 000 volgelinge gedeel waar sy hom 'n drukkie gee en daarby geskryf: "3 slapies" met 'n ring en hart-emoji daarby.  

View this post on Instagram

3 sleeps ????

A post shared by Graeme smith (@graemesmith49) on

Romy het hierop geantwoord: "Kan nie wag nie liefie".

Romy, 'n prokureur, het sowat ’n week gelede haar kombuistee gevier en sy straal behoorlik. By foto's van die geleentheid, wat sy op Instagram gedeel het, kon sy nie genoeg die vroue in haar lewe bedank en almal wat bygedra het tot die geleentheid nie.

Graeme deel gereeld foto's van hom en Romy saam op Instagram. 

View this post on Instagram

Morning strolls in Yzerfontein

A post shared by Graeme smith (@graemesmith49) on

Graeme, wat ook krieketkommentator is, en Romy het onlangs in Indië uitgespan.

Romy het in 2016 aan Huisgenoot gesê sy was uitgeboul toe sy Graeme die eerste keer ontmoet het, veral omdat hy so plat op die aarde is. Gemeenskaplike vriende het hulle aan mekaar voorgestel.

“Hy is ’n standvastige mens. Ons het dieselfde waardes en belangstellings,” het Romy toe vertel.

Graeme en Romy is sedert 2016 in ’n verhouding en het ’n tweejarige seuntjie, Sebastien, saam.

Die paartjie het albei twee kinders uit vorige huwelike. Romy het twee jong seuns by haar oorlede man, Michel Lanfranchi.

Graeme se eksvrou, die Ierse popsangeres Morgan Deane, is die ma van sy ander twee kinders, Cadence (7) en Carter (6).

Graeme het in Maart 2017 ná ’n huwelik van byna ses jaar amptelik van Morgan geskei.