Rolanda vertel hulle werk vir die eerste keer in ’n lang tyd weer saam: Sy vertolk 'n rol in die Griekwastad-fliek en Jozua behartig die regie daarvan.

Die paartjie het in 2011 op die stel van Wolwedans in die Skemer ontmoet waarin Rolanda die hoofrol vertolk het en waarvan Jozua ook die regie behartig het. 

View this post on Instagram

Champagne all day??Op pad na @valdeviepolo @valdevieestate @veuveclicquot #veuveclicquotpoloclassic #colourama #vintagesilkscarf #vintage #polo #champagne

A post shared by Rolanda (@rolandamarais) on

Daarna het die TV-reekse Donkerland en Bloedbroers gevolg.

Hulle is in 2016 getroud en het ’n tweejarige dogtertjie, Charlotte James Malherbe. 

“Dis die eerste keer in ’n lang tyd dat ons weer saam werk. My man grap altyd en sê dis die enigste tyd wat ons mekaar sien,” vertel Rolanda laggend aan Huisgenoot.

“Omdat ons mekaar so goed ken, het ons ’n goeie verstandhouding en vul mekaar aan,” sê sy. 

Die aktrise het in ’n Instagram-inskrywing op die stel van die Griekwastad-fliek, wat in Hopefield aan die Weskus geskiet word, vertel hoe trots sy is om weer saam met haar man te werk.

“Die clown in my het verlief geraak op hierdie clown toe ons in 2011 ons heel eerste Suid-Afrikaanse rolprent saam gedoen het, Wolwedans in die Skemer. Dis wonderlik om te sien hoe hy met die akteurs werk, hoe die filmspan saam met hom werk en watter positiewe energie hy op stel het. Ek voel geëerd om saam met hom aan die Griekwastad-fliek te werk. Hy is nie net die regisseur nie, hy is ook die regisseur van fotografie en beheer die kamera. Hy doen twee mense se werk met soveel grasie en vernuf. Ek staan verstom oor sy talent en die manier waarop hy mense bymekaar bring om hul bes te doen. Hy doen dit op so ’n positiewe manier dat dit lyk of dit geen moeite is nie,” skryf sy.

Van haar Instagram-volgelinge het Jozua ook vir sy werk geprys. 

“Ek stem saam, @rolandamarais! Jou manlief is super talentvol en ’n besonderse gentleman,” het een laat hoor.

“Hy is amazing. Kon hom eerstehands beleef. Wat ’n voorreg,” het nog een laat hoor.

En dink sy klein Charlotte gaan in ma en pa se voetspore volg?

View this post on Instagram

Family portrait #family #myalles #love #mother

A post shared by Rolanda (@rolandamarais) on

“Ek hoop nie so nie, maar die kanse is goed. Die bedryf is normaal vir haar en dis haar lewe,” sê Rolanda.

“Sy is ’n intelligente kind en net so hardkoppig soos haar ma en pa.”

“Hopelik kan ek haar anders oorreed,” voeg sy by.

View this post on Instagram

Growing up too fast ?? #myheart

A post shared by Rolanda (@rolandamarais) on

Die Griekwastad-fliek gaan oor kol. Dick De Waal wat die oënskynlike plaasaanval moes ondersoek waarin Deon (44), Christel  (43), en hul dogter, Marthella Steenkamp (14), gesterf het. 

Eindelik is die enigste oorblywende gesinslid, hul seun, Don (nou 22), aan die driedubbele moord asook die verkragting van sy suster skuldig bevind. 

Die rolprent se première is na verwagting in Augustus vanjaar by die kykNET-Silwerskermfees.