Kim Kardashian West het Dinsdag die blye nuus op haar webtuiste aangekondig.

Sy en haar man, Kanye West, het hul derde kleinding en tweede dogtertjie verwelkom. En die trotse ouers is natuurlik oorstelp van vreugde. 

"Ek en Kanye is opgewonde om aan te kondig dat ons ’n dogtertjie ryker geword het. Ons is ontsettend dankbaar vir ons surrogaat wat ons drome laat waar word het en vir ons die beste geskenk gegee het," vertel die ma van drie op haar webtuiste. 

"En ook aan ons wonderlike dokters en verpleegsters vir hulle spesiale sorg."

Kim en Kanye is ook die trotse ouers van klein North (4) en Saint (2). 

Happy Holidays

A post shared by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

"North en Saint is baie opgewonde om hul sussie te verwelkom," skryf Kim verder.

Baie geluk aan die paartjie! 

Bronne: Twitter, kimkardashianwest.com, People.com