Die Amerikaanse aktrise, wat op 29 September verlede jaar met die Amerikaanse televisievervaardiger Brad Falchuk (47) getroud is, sê sy en haar nuwe man het ’n “gesinswittebrood” in die tropiese Indiese Oseaan-oord Maldives gehad – en haar eksman, Chris Martin (41), en hul kinders het saamgegaan, berig People.

Tydens ’n verskyning op die Amerikaanse geselsprogram Live with Kelly and Ryan het sy gesê hul onkonvensionele wegbreek “was wonderlik. Ons het dit baie geniet.”

Sy sê daar was geen spanning nie en almal het baie pret gehad, berig Entertainment Tonight.

View this post on Instagram

Out of office

A post shared by Gwyneth Paltrow (@gwynethpaltrow) on

“Ons het goeie geselskap en baie kinders gehad. Dit was heerlik. Ons het dit gate uit geniet.”

Die ster sê sy en Chris neem hul rol as mede-ouers ernstig op en wil seker maak hul kinders voel veilig in die gesinsomgewing. “Ons wou net die pyn vir die kinders minimaliseer. Hulle wil basies net hul ouers aan die etenstafel sien, dus probeer ons dit so hou.”

Die Coldplay-sanger het besluit om die troue mis te loop al is hy en die Avengers-aktrise op goeie voet, berig Daily Mail.

Bronne: People, Daily Mail, Entertainment Tonight