Die koninklike biograaf Sally Bedell Smith het aan Daily Mail gesê die verliefde paartjie noem hul aangenome hond, wat glo die hart en siel van hul blyplek in die Kensington-paleis is, Oz. 

“Die hond is reeds gelukkig in hul kothuis tuis,” sê ’n bron.  

“Soos die Sussexe sal die hond sy tyd tussen die paleis en hul plattelandse huis in die Cotswolds verdeel.”

Al het die koninklike egpaar nie die betekenis van hul hondjie se naam gedeel nie, berig Mirror News dit het dalk met hul eerste amptelike toer as ’n egpaar na Australië te doen.  

Voor sy by die koninklike familie ingetrou en haar sosialemedia-rekeninge gedeaktiveer het, het die voormalige Suits-aktrise gereeld oulike kiekies van haar honde, Bogart en Guy, wat altwee gered is, op Instagram geplaas. 

Ongelukkig moes Meghan Bogart by ’n vriend in Kanada los, want hy is as te oud beskou om na Brittanje te reis, berig Harper’s Bazaar. 

Intussen lei Guy blykbaar ’n weelderige lewe in Nottingham Cottage en eet hy net organiese kos. 

Bronne: Daily Mail, Metro, Mirror, The Sun