Prins Harry (35) en sy vrou, Meghan (39), het in 2018 ’n swart labrador in hul huis verwelkom, maar die hond se naam is nooit bekendgemaak nie – tot nou toe. 

In Finding Freedom: Harry and Meghan and the Making of a Modern Royal Family, die nuwe blitsverkoper oor die egpaar wat omtrent ’n beroering veroorsaak, verklap die skrywers Omid Scobie en Carolyn Durand die hond se naam is Pula.

Dit is natuurlik die geldeenheid van Botswana en beteken ook reën in Tswana – ’n kosbare geskenk uit die hemel in die land wat dikwels droog is. 

Tydens ’n besoek aan Botswana in 2019. Foto: Getty
Tydens ’n besoek aan Botswana in 2019. Foto: Getty Images/Gallo Images

Die Suider-Afrikaanse land het ’n spesiale betekenis vir die egpaar. Harry het Meghan in Augustus 2016 op ’n romantiese wegbreek van vyf dae na Bostwana weggevoer vir wat glo maar hul derde afspraak was. 

Die paartjie het Botswana in 2017 besoek. Foto: In
Die paartjie het Botswana in 2017 besoek. Foto: Instagram
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe

In Augustus 2017 het hulle die land weer besoek en volgens Finding Freedom het hulle in die geheim verloof geraak terwyl hulle in Botswana was voor hulle die verlowing in November daardie jaar openbaar gemaak het. 

Meghan het voorheen laat uitglip Pula is ’n teef. Tydens ’n verpligting in Oktober 2018 het sy gesê mense spreek gedurig “haar hond se naam verkeerd uit”. 

Die hertogin en voormalige Suits-aktrise was nog altyd ’n groot hondeliefhebber en is ’n vurige voorstander van diereredding en die filosofie om eerder aan te neem as om te koop. 

Meghan is die beskermheer van die Britse liefdadig
Meghan is die beskermheer van die Britse liefdadigheidsorganisasie Mayhew. Foto: Getty Images/Gallo Images

Haar eerste aanneemhond, Bogart, het sy op versoek van die Amerikaanse geselsprogramaanbieder Ellen DeGeneres huis toe gevat.

In ’n onderhoud met Best Health het sy vertel sy was by ’n hondeskuiling toe Ellen en haar vrou, Portia de Rossi, instap en Ellen vir haar sê: “Jy moet daardie hond vat.

“Ek het gesê: ‘Wel, ek besluit nog.’ En sy het gesê: ‘Red die hond!’ Dis soort van as Oprah vir jou sê om iets te doen. Ek sit daar en hou hom vas en sy vra: ‘Het jy al aan ’n naam vir hom gedink?’ En ek antwoord: ‘Wel, ek dink ek sal hom Bogart noem,’ en sy sê: ‘Jy vat die hond huis toe.’

“En toe bring ek hom huis toe. Want Ellen het gesê ek moet.”

In 2015 het sy ’n beagle met die naam Guy aangeneem. Maar toe sy later na Brittanje verhuis om by Harry te wees, het sy Bogart weens sy hoë ouderdom by “baie goeie vriende” agtergelaat. 

Meghan en Harry by die Ierse president, Michael Hi
Meghan en Harry by die Ierse president, Michael Higgins se geliefde hond. Foto: Getty Images/Gallo Images

Haar eenjarige seun, Archie, deel sy ma se liefde vir honde en is volgens ’n bron “beste maats” met die gesin se honde. 

Vroeër vanjaar het Meghan vertel sy borg ’n hondeskuiling as deel van haar verbintenis tot die Britse dierewelsynsorganisasie Mayhew.

“As ’n uitdrukking van my eie toewyding het ek my borgskap van ’n hondeskuiling in die naam van ons seun, Archie, hernu om ’n tydelike huis vir ’n troeteldier in nood te skep,” sê sy. 

Bronne: people.com, hellomagazine.com, news24.com
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe