Volgens vriende van prins Harry (34) is sy vrou aan die stuur van sake in hul huwelik en by hul huis, die Frogmore-kothuis. Volgens vriende van die paartjie het Meghan (37) glo seker gemaak dat Harry nie meer vriende het nie.  

“Een ding wat ek gehoor het is, is dat Meghan hulle almal uitgestoot het,” sê Lizzie Cundy, ’n TV-persoonlikheid en voormalige vriendin van Meghan aan talkRADIO. 

View this post on Instagram

A post shared by Lizzie Cundy (@lizziecundy) on

Meghan “regeer die nes”, onthul Lizzie. 

“Die vriend, wat ek nie sal noem is, is ’n baie goeie vriend van Harry. Hy is heeltemal uitgeskuif.”

Koninklike bronne het voorheen beweer Meghan en Harry beperk kontak met nabye vriende oor die “ontstellende invloed” wat hulle op Harry het. 

Volgens bronne het Meghan verseker dat Harry en een van sy beste vriende, Tom Inskip, wat Harry in 1998 aan die Eton-kollege ontmoet het, uitmekaar gedryf word. 

“Die regte rede hoekom Tom nie meer deur Meghan verwelkom word nie, is omdat sy uitgevind het dat hy gedurf het om te bevraagteken hoe Harry regtig voel en gewonder het of hy die regte ding doen deur met haar te trou,” het 'n bron aan The Sun gesê.

“Al wat die arme ou tydens ’n openhartige gesprek met die prins durf waag het, was om te sê Harry was dalk oorhaastig en moet dalk wag tot dinge afkoel voor hy verloof raak,” het dié bron gesê. 

Bronne: Express, The Sun