Sy was maar twee jaar oud toe haar 28-jarige pa, Heath Ledger, dood is nadat hy ’n dodelike mengsel voorskrifmedisyne gedrink het.

Michelle (38) het onlangs aan Vanity Fair gesê sy sorg dat Matilda weet watter wonderlike man haar pa was.

“Ek sê altyd vir Matilda: ‘Jou pa het my liefgehad voor enigiemand gedink het ek is talentvol of mooi.’ ”

Michelle Williams en haar dogter in Brooklyn, New York. Foto: TheImageDirect.com

Michelle, wat in Julie vanjaar met die musikant Phil Elverum (40) getroud is, het ook erken sy het die 10 jaar sedert Heath se dood na die “radikale aanvaarding” gesoek wat hy haar gegee het.

“Ek het nooit hoop laat vaar oor die liefde nie,” sê sy.

“Vanselfsprekend het ek nie een keer in my lewe oor ’n verhouding gepraat nie. Maar Phil is nie iemand anders nie. Op stuk van sake is die manier hoe hy my liefhet die manier hoe ek my lewe in die geheel wil lei.

“Ek maak Matilda groot om vry te voel om haarself te wees. En ek word eindelik liefgehê deur iemand wat my vry laat voel.”

Volg Huisgenoot op InstagramTwitter en Facebook en neem so deel aan die gesprek.
BRONNE: PEOPLE.COM, EONLINE.COM, VANITYFAIR.COM