BESIGE BY

Kiersey (23) het nie net rolle in die televisiereekse Transparent en Extant losgeslaan nie; sy het ook ’n kortspeler-CD uitgereik.

"Ek werk ook aan my musiek. Dalk vind ek eendag’n groep saam met wie ek graag wil skryf, en dan sal ek vir ’n tydjie ophou toneelspeel. Ek maak aanhoudend datums vas daarvoor, maar dis al ’n paar keer uitgeskuif."

WAT IS VOLGENDE?

Sy was ’n mediese student in Flatliners en speel nou Iris West in die langverwagte lokettreffer Justice League.

Volgens imdb.com gaan Kiersey in vyf nuwe flieks speel, onder meer Flashpoint, waarin sy weer die karakter Iris West teenoor Gal Gadot (Wonder Woman) speel.

Selfvertroue beteken nie jy moet elke dag volmaak wees nie. Dis om te aanvaar wie en wat jy is.

G’n wonder nie die tydskrif Variety het haar aangewys as een van 10 akteurs om dop te hou.

BASTA MET INTERNETBOELIES!

Kiersey het in Augustus hewige reaksie in die sosiale media ontlok toe sy ’n foto deel wat haar onderarmhare wys.

A post shared by @kiersey on

Maar sy het die boelies gou op hul plek gesit, veral toe een vra hoekom sy nie haar kieliebakke skeer nie.

"Om dieselfde rede dat jy kommentaar hier lewer en nie op jou eie lewe fokus nie. Net lui, verstaan jy?"

BRONNE: POPSUGAR.COM, CELEBUZZ.COM, VARIETY.COM, IMDB.COM

Kyk dit!
Justice League word op 17 November uitgereik.