Die sanger van treffers soos “Kiss from a Rose” sê die voormalige supermodel, Heidi Klum, was geen spanspeler met die grootmaak van hul kinders, Leni (17), Henry (15), Johan (14), en Lou (11) nie.

“Dit kan uitdagend wees. Dit verg spanwerk. As jy ’n span is, as albei ouers deel van die span is, is dit baie maklik en nie veel van ’n uitdaging nie. Maar jy moet ’n span wees,” het Seal (58) aan Us Weekly gesê.

Maar hy en Heidi het glo nie daardie band nie. Die twee is in 2012 ná 10 jaar saam uitmekaar en hul egskeiding is in 2014 gefinaliseer.

Maar hulle was verlede jaar weer in die nuus weens Heidi (47), wat nou met die Duitse sanger Tom Kaulitz (31) getroud is, se bewering dat Seal geweier het om toe te laat dat die kinders haar na Duitsland vergesel vir die vervaardiging van Germany’s Next Topmodel.

Foto: Gallo Images/ Getty Images
Foto: Gallo Images/ Getty Images

Heidi het aansoek gedoen om ’n noodverhoor om toestemming te kry, en die twee het eindelik tot ’n vergelyk gekom: Sy kon die kinders saamneem, en Seal kon voor en ná die reis meer tyd as gewoonlik saam met hulle deurbring.

Seal het ook gesê hy was nie gelukkig met hul dogter Leni se ontluikende modelloopbaan nie.

Sy het haar eerste tydskrifvoorblad vroeër vanjaar op die Duitse Glamour gehad – 20 jaar nadat haar ma dit gedoen het.

Leni se biologiese pa is die Italiaanse sakeman en F1-baas Flavio Briatore (71), maar Seal het haar op vyf jaar aangeneem.

Foto: Gallo Images/ Getty Images
Foto: Gallo Images/ Getty Images

Deur al die hoogte- en laagtepunte van die afgelope jaar hou Seal vol dat hy nogsteeds 'n egte band met sy kinders het en dat hy baie oor pa-wees geleer het.

"Weet jy, jy doen jou bes as jy van lief is vir jou kinders, en jy doen jou bes om hulle veilig te hou. En een van die twee dinge gaan gebeur - of dit gaan goed genoeg wees of nie," het hy aan die tydskrif verduidelik

"'n Mens besef vinnig dat jou kinders, veral as hulle ouer word, nie joune is nie.

"Jy het net die voorreg om 'n soortvan figuur te kan wees in die ontwikkeling van hul lewens, maar hulle is nie regtig jou kinders nie.

"As ouers is ons net toevallig die gelukkige opsigters."

BRONNE: SUN.CO.UK, PAGESIX.COM, DAILYMAIL.CO.UK, PEOPLE.COM, USWEEKLY.COM
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe.