Nadat sy ’n oulike foto gedeel het waarop klein North haar pa, Kanye West (41), op die wang soen met haar hare wat reguit gemaak is, het die 37-jarige Keeping Up with the Kardashians-ster haarself verdedig teen ’n aanhanger wat haar besorgdheid uitgespreek het oor Kim se besluit om haar dogter se hare met ’n tang te stryk, berig die tydskrif People.

I can still feel the love ??

A post shared by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

"Moenie haar hare te veel glad stryk nie; dit sal haar krulle bederf," skryf die aanhanger. "Ek het dit met my hare gedoen en dit opgemors, maar ek kry eindelik my natuurlike krulhare terug."

Kim het teruggekap deur te sê: "Sy mag twee keer per jaar, op haar verjaardag en verjaardagpartytjie! Die foto is in Junie op haar verjaardag geneem."

Dis nie die eerste keer dat Kim oor haar ouerskapstyl gekritiseer word nie – verlede jaar het sy deurgeloop omdat sy vir die kleuter ’n korsetagtige oranje rok aangetrek het.

Sy het toe geantwoord die rok het net soos ’n korset gelyk en sy sal "nooit" vir North ’n regte korset aantrek nie, berig Daily Mail.

"Die rok, wat ek nie ontwerp het nie, het ek in werklikheid gekoop. Dis nie ’n korset nie, net materiaal aan die voorkant," sê sy in ’n video.

"Ek dink dit is regtig oulik. Ek het dit by ’n ontwerper gekoop en dis net materiaal, mense. Dis nie ’n regte korset nie."

Bronne: People, Daily Mail