In kykNET se nuwe bonatuurlike rillerreeks, Die Spreeus, spog sy met ’n klassieke bob. 

Die aktrise, bekend aan kykers van Binnelanders en Hotel, verklap die nuwe haredos is nie haar eie nie – dis net ’n pruik.

Van links is Monique, Chris en Sandi, wat al drie
Van links is Monique, Chris en Sandi, wat al drie speurders in die reeks speel. Foto: David Swart

“Ek wou vir die reeks graag anders as ­gewoonlik lyk en dink die korter styl werk baie goed vir my karakter. Ek is bly Jaco ­Bouwer, regisseur van Die Spreeus, het daartoe ­ingestem.”

In die reeks vertolk sy die rol van brig. Rosa Scheffers, wat in beheer is van Die Spreeus, ’n polisie-eenheid wat die bonatuurlike ondersoek.

Lea Vivier, wat as die karakter Emmie in die reeks
Lea Vivier, wat as die karakter Emmie in die reeks te sien is, se grimering word deur Hanri du Plessis opgeknap. Foto: David Swart

Sy het dit geniet om met Chris Vorster, Ryno in 7de Laan, en Monique Rockman, saam met wie sy ook in die fliek Nommer 37 te sien was, saam te werk.

Monique Rock­man en Chris Vorster ondersoek bonatu
Monique Rock­man en Chris Vorster ondersoek bonatuurlike misdade in dié kykNET-­rillerreeks. Foto: David Swart

Hulle vertolk ook albei die rolle van speurders in die reeks.