Hulle het dit heel goed reggekry om die kollig te ontwyk nadat die skinderstories oor ’n romanse verlede Oktober die ronde begin doen het.

Maar hulle is onlangs gesien waar hulle op ’n sypaadjie soen en liefderik in mekaar se oë kyk. Kort daarna het Jessie (30) in ’n wagtende motor gespring.

Die twee duifies staar liefderik in mekaar se oë. Foto: Greatstock
Jessie J en Channing Tatum. Foto: Greatstock

Jessie het verlede jaar in November tydens ’n konsert, wat Channing (38) ook bygewoon het, onthul sy sal dalk nooit eendag kan kinders hê nie. Sy het die nuus met haar aanhangers gedeel kort voor haar optrede in die Royal Albert Hall in Londen.

“Ek het vier jaar gelede uitgevind ek kan nooit kinders hê nie,” het sy haar aanhangers vertel.

Aanvanklik wou Jessie dit privaat hou, maar sy het haar liedjie Four Letter Word geskryf om ander mense wat in dieselfde situasie as sy verkeer, te help om nie alleen te voel nie.

Nou kan die sangeres, wat al voorheen vertel het sy is broeis, darem die skattige Everly, Channing se vyfjarige dogter by sy eksvrou, Jenna Dewan (38), bederf.

Channing en Jenna se paadjies het in April verlede jaar ná 'n huwelik van nege jaar geskei en sy het hom amptelik op 27 Oktober verlede jaar om 'n egskeiding gedagvaar.

Jenna verskyn glo deesdae gereeld aan die sy van Steve Kazee (43), bekend vir sy rol as Curtis Ballard in die televisiereeks Legends.

Steve het ook in Desember op een van Jenna se Instagram-plasings gereageer en gesê hy het sy gunsteling gevind. 

View this post on Instagram

Roundup ? #CommentsByCelebs

A post shared by Comments By Celebs (@commentsbycelebs) on

Ekstra bronne: cosmopolitan.com, people.com, imdb.com