Die ster van Django Unchained is dikwels in die geselskap van beeldskone vroue gesien, onder andere op ’n intieme partytjie saam met Kristin Grannis, die ma van sy jongste dogter, Annalise Bishop (9).

Foto: Realtime Images/Mega
Foto: Realtime Images/Mega
Foto: Realtime Images/Mega
Foto: Realtime Images/Mega
Foto: Realtime Images/Mega
‘Katie en Jamie gee baie vir mekaar om en hulle het so stil moontlik probeer bly, want hulle wou dit nie bederf nie’ – ’n Bron

Maar toe die gerugte begin loop dat hulle uitmekaar is, het Katie teruggekap en deur haar reklameagent laat weet die bewerings van ’n skeiding is “100% onwaar”.

Foto: Realtime Images/Mega
Foto: Realtime Images/Mega

Daarna het die ma van Suri Cruise (12) selfs verder gegaan om die skinderbekke te wys presies hoe verkeerd hulle is.

#summer

A post shared by Katie Holmes (@katieholmes212) on

Die paartjie, wat vermoedelik vyf jaar gelede begin uitgaan het, was alte danig met mekaar tydens ’n stranduitstappie in Malibu.

#tbt ??????????

A post shared by Katie Holmes (@katieholmes212) on

Hulle het ’n prettige pot strandvlugbal geniet en later ’n bottel sjampanje gedeel terwyl hulle op die sand ontspan het.

‘Katie en Jamie gee baie vir mekaar om en hulle het so stil moontlik probeer bly, want hulle wou dit nie bederf nie’ – ’n Bron

“Hulle was heeltemal verdiep in mekaar,” vertel ’n ooggetuie.

Die twee het al te lekker gespeel. Foto: Realtime Images/Mega

“Hulle was nooit op hul foon nie. Sy het die ongelooflikste glimlag op haar gesig gehad. Sy het smoorverlief gelyk.” 

Bron: USWeekly.com