Terwyl spelers van die rugbyklubs Toulouse en Clermont in Frankryk voor die Top-14-eindstryd gereedgestaan het om die Franse hoogwaardigheidsbekleërs te ontmoet, het Maks impulsief besluit om Macron op 'n tong-in-die-kies-wyse vir burgerskap te vra

“Ek is baie trots om in Frankryk te woon. Kan ek asseblief Franse burgerskap kry,” het Maks (27), wat deesdae vir Toulouse uitdraf, teenoor Frankryk se Nommer Een kwytgeraak.

En nou, slegs vier maande ná sy carpe diem-oomblik, blyk dit sy dapperheid het vrugte afgewerp, want die loskopstut is nou amptelik ’n Franse burger. 

Vive la France et Vive la République! (oftewel Lank lewe Frankryk en die Republiek!)” het hy by ’n foto van hom met sy Franse paspoort op Instagram laat hoor. 

Maks woon reeds vier jaar lank in Frankryk saam met vroulief, Hannchen (26), en was in sy noppies met die nuus toe Huisgenoot met hom oor die foon gesels.

rugby,liefde,paartjie
Hannchen omhels Maks ná een van sy wedstryde vir Toulouse. Foto: Verskaf
rugby,skoonheid,trou
Hannchen Mielmann en Maks van Dyk met hul hondjie, Coco. Foto: Verskaf
rugby,frankryk
Hannchen is Maks se grootste aanhanger. Foto: Verskaf

“Dit is wonderlik! Ek het al die admin Dinsdag afgehandel toe hulle vir my sê my paspoort is reg vir my om op te tel,” vertel hy. 

En het sy interaksie met Macron sy aansoek ’n hupstoot gegee?

“Absoluut, ja!” laat hy hoor. Hy het reeds verlede jaar in Augustus aansoek gedoen om burgerskap te kry, maar het toe komplikasies met Frankryk se binnelandse sake gehad. 

“Dis gewoonlik ’n lang proses waar ’n sekere aantal staatsamptenare daarop moet afteken, maar hierdie keer het ek ’n brief direk van [Macron] se persoonlike kantoor ontvang wat die proses aangehelp het,” verduidelik hy. 

“Hulle kyk of jy nie ’n kriminele rekord het nie, toets dat jy ’n sekere vlak van Frans kan praat en jy moet darem iets vir hul beeld beteken,” sê hy. 

Maks en Hannchen het vroeër vanjaar die knoop deurgehaak en geniet nog die getroude lewe in hul aangenome land. 

maks van dyk,hannchen mielmann,troue
Maks en Hannchen as mnr. en mev. Van Dyk. Foto: Louis Reynhardt Productions
maks van dyk,hannchen mielmann,troue
Maks maak reg vir die groot oomblik. Foto: Louis Reynhardt Productions

Maar met die rugbywêreldbeker-toernooi wat tans aan die gang is, vir wie sal die egpaar skree as Suid-Afrika teen Frankryk in die halfeindstryd teenstanders is?

 “Ek sal liefs ’n neutrale standpunt inneem,” lag Maks. “Ek sal maar net een kant sit en nie kant kies nie.” 

Kom neem deel aan die gesprek
 Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.