book-icon Uitgawe 21 November 2019

HG kuier by 2 stersussies – Fynskrif se Lea en Trackers se Trix

akkreditasie
Lank voor die susters Trix (links) en Lea ­Vivier as aktrises naam gemaak het, was hulle al beste vriendinne, en in ’n mededingende bedryf dien hulle as klankbord vir mekaar. Foto: Jacques Stander
Lank voor die susters Trix (links) en Lea ­Vivier as aktrises naam gemaak het, was hulle al beste vriendinne, en in ’n mededingende bedryf dien hulle as klankbord vir mekaar. Foto: Jacques Stander

Soos Rooi Rosie en Wit Rosie in die sprokie lyk hulle; soos Anna en Elsa in Frozen. 

Die een ’n beeldskone brunet; die ander ’n pragtige blondine. Mooier as mooi, albei van hulle – en ewe bekend. 

Lank voor hulle albei as aktrises naam gemaak het, was hulle al vir mekaar ’n vriendin en beskermer, ’n luisteraar, raadgewer en vertroueling. Trix en Lea Vivier is immers susters.

Deesdae kry ons heelwat van die twee op die kassie te sien met Trix wat ’n tawwe tienie, Flea, in die reeks Trackers op M-Net speel, terwyl Lea se karakter, Lilani, in die tweede seisoen van die kykNET-regsdrama Fynskrif vir ’n wipwarit van emosies sorg. 

“Dis vir my interessant hoe ’n suster gesien kan word as iemand wat soos ons is en in dieselfde asem glad nie soos ons is nie,” sê Lea (27) oor die ooreenkomste en verskille tussen haar en haar ousus, Trix (31).

Van kleins af het hulle al ’n liefde vir toneelspel gedeel en saam konsert gehou. 

“Ons het vertonings gelewer waar ons kamstig vir ons ouers ontbyt in die bed voorsit. Dan verskyn ons van agter die gordyn en maak asof ons koffie skink en suiker ingooi. Alles was altyd ’n konsert,” vertel Trix van hul kinderjare in Melkbosstrand buite Kaapstad as deel van ’n kroos van vier.

Hul kleinsus, Meije (21), is ’n mediese student in haar derde jaar aan die Universiteit Stellenbosch en hul ouboet, Hermann Vivier (34), het sy eie toerismeonderneming op Mosselbaai.

Al is Trix en Lea nou bekende gesigte op die kassie, was daar geen televisiestel in hul ouerhuis nie.

“My ma glo sterk in die kreatiewe ontwikkeling van ’n kind en om ’n verbeeldingswêreld te skep waar enigiets moontlik is,” sê Trix oor hul ma, Adri (59). 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees