Die land se eerste hubare man wat sy hart op die spel gaan plaas in die nuwe M-Net-werklikheidsreeks The Bachelor, is die voormalige Sharks-rugbyspeler, model en entrepreneur Lee Thompson.

En kyk, met sy groenblou oë, sterk kakebeen en blokkiesmaag sal hy menige vroue laat swymel.

View this post on Instagram

It’s true! I’ve just been announced as #TheBachelorSA on @mnettv. Couldn’t be more excited to share this journey with you ??

A post shared by ???????Lee Thompson (@leethompson52) on

Hier is 8 dinge wat jy van dié “Bachelor” moet weet:

1.    Hy is 1,88 meter lank. So, vir die vroue wat droom van ’n lang man wat hul knieë onder hulle uit slaan, hier is hy nou.

2.    Hy is eienaar van die skoonmaak-sakeonderneming Clean Smart en ook die webblad-onderneming Skyler Web, wat webblaaie ontwikkel.

3.    Lee, wat deesdae in Kaapstad woon, is in Port Elizabeth gebore en word op 9 Desember 30 jaar oud.

4.    Lee is passievol oor gesondheid en fiksheid en bestuur ’n gimnasium.


5.    Hy het ’n hart vir omgee! Lee bedryf ’n liefdadigheidsorganisasie genaamd #LiveHopeLoveSA.

6.    Lee het bemarkingsbestuur aan die Universiteit van Suid-Afrika studeer.

7.    Jy sou hom al op ’n verskeidenheid advertensies en Men’s Health-voorblaaie gesien het.


8. Top Billing het in 2015 'n insetsel oor hom gedoen, waarin hy verklap het dat hy graag kosmaak en selfs bak!

"My doelwit in die lewe is om ’n ongelooflike gesinslewe te hê en hoewel ek weet hierdie is n ongewone manier om liefde te vind, sê iets vir my die heelal gaan vir my iets gee wat ek nou in my lewe nodig het - die vrou van my drome," het Lee in 'n mediaverklaring gesê.

The Bachelor word vanaf 14 Februarie 2019 op M-Net uitgesaai. Inskrywings vir die reeks het in Augustus gesluit.

 Bykomende bronne: Instagram, www.leethompsonsa.com,