Moenie bekommerd wees nie. Die kuier op die rugbyveld was net vir ’n bietjie sosialisering, pret en goeie gees.

Hulle was onlangs almal deel van die Zando Durban 10s-rugbywedstryde.

Die sanger Arno Jordaan (links) en die oud-Springbok John Smit in Durban.
Jack Parow het ’n driekuns behaal.
Die voormalige Springbokvleuel Henno Mentz (links), die rapper Jack Parow en Arno.

“Spanne van oor die hele land skryf in,” vertel Arno.

“Hulle het ook ’n Legends-span wat saamgestel word uit oudrugbyspelers en ander bekendes.

“Ons het ons eindstryd gewen. Dit was ongelooflik, want ons het op Kingspark die voorwedstryd vir die Superrugby-stryd tussen die Sharks en Jaguares gespeel. Die laaste keer toe ek op Kingspark uitgedraf het, was in 2008 toe ek die volkslied vir die Bokke en All Blacks gesing het.”

Foto's: Howard Cleland, Instagram