LOUIS COSSA (26)

Louis Cosa. Foto: Verskaf
Louis Cosa. Foto: Verskaf

@louiscossa

168 000 followers

1,6 miljoen likes

Louis van Soshanguve in Pretoria het ’n nasionale diploma in misdaadondersoek en werk op die oomblik vir sy familie se konstruksiemaatskappy terwyl hy werk soek in sy veld.

Hoe hanteer jy negatiewe kommentaar op TikTok?

“Ek bly positief op TikTok en vermy konflik. Ek probeer om nie te emosioneel op die platform te raak nie.

"Wanneer ek dus met negatiwiteit te doen het, gebruik ek die platform se blokfunksie om negatiewe mense te blok. Ek hou net dié mense wat net so positief soos ek is.”

BRANDON VALJALO (22)

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

@brandonvaljalo

15 600 followers

303 000 likes

Brandon is ’n professionele skaatsplankryer van Johannesburg. Hy is deel van Suid-Afrika se Olimpiese skaatsplankspan en is tans besig om aanlyn bemarking te swot.

Hoe hanteer jy negatiewe kommentaar op TikTok?

“Ek kry nie noodwendig negatiewe kommentaar op TikTok nie.

"Mense wat my volg, is oor die algemeen baie gaaf en hou van die inhoud wat ek deel. Wanneer ongereelde negatiewe kommentaar wel die slag opduik, kies ek om dit nie persoonlik op te neem nie.

"Ek gebruik eerder sulke gevalle as ’n geleentheid om ’n hater in ’n aanhanger te verander deur so opreg te wees as wat ek moontlik kan.”

@brandonvaljalo

Holding babies < holding tre flip noseslides ????????

? 90s Aesthetic - Day Desiree

VAT TIKTOK-BOELIES SO VAS

TikTok is ’n app waar jy lekker kreatief kan wees en interessante en skreeusnaakse TikTok-video’s kan ontdek.

Maar hier en daar kan boelies opduik wat lelike kommentaar op jou video’s los. Die app het nuwe stappe geneem om seker te maak jy kan beheer vat oor watter kommentaar mense op jou video’s los.

Jy besluit watter kommentaar jy wil sien

Met die nuwe Filter All Comments-funksie kan jy besluit watter kommentaar by jou video’s wys.

So kan jy besluit wat jy wil hê ander mense moet sien en boelies uitsluit.

Dink voor jy iets sê

TikTok wil jong mense op die app aanmoedig om mekaar met respek te behandel.

’n Nuwe boodskap flits deesdae op jou skerm en vra jou om weer te dink voor jy lelike kommentaar op iemand se video’s wil skryf.

Dit herinner TikTokkers aan die app se reëls en gee jou die kans om jou kommentaar te verander voor jy dit deel.

Belangrik!

Wys jou ouers of ’n volwassene wat jy vertrou as jy iets op TikTok sien wat jou ongemaklik maak of ontstel, of as iemand iets daar sê wat jou bekommer of jou gevoelens seermaak.

Dis baie belangrik dat jy jou ouers of ’n betroubare volwassene vertel as iemand jou in die kuberruim boelie of iets sê wat jou seermaak of verwar, want dit kan sleg wees vir jou as jy daaroor stilbly.



Ken die feite voor jy iets deel

Heelwat video’s wat aanlyn opduik, bevat verkeerde inligting, van enigiets soos die covid-19-inentings tot rassekwessies.

TikTok het mense in hul span wat probeer seker maak die feite is reg in video’s op die app en sal video’s verwyder wat hulle dink foutief is.

Hulle doen ook die volgende om seker te maak jy word nie geflous nie:

As hulle nie kon bevestig dat die feite korrek is nie, sal daar ’n banier op ’n video flits om jou te waarsku dat die inligting in die video dalk verkeerd is.

Die video se skepper sal ook ingelig word dat hul video se inhoud nie 100% korrek is nie.

As iemand wat na die video kyk die video probeer deel, sal hulle ’n waarskuwing sien flits om hulle te waarsku dat die video dalk verkeerde inligting bevat. So kan jy eers dink voor jy iets deel.

Bron: TIKTOK

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe