Hykie, wat die rol van dr. Conrad Bester in die KykNET-sepie vertolk, se aanhangers was mal oor die video en het gedink die akteur gaan ’n oudisie aflê vir ’n rol in Avatar of die Smurfs.

"Ons lag lekker vir jou," het een laat hoor.

"My gesig is blou geverf vir foto’s wat geneem is deur die fotograaf Hanneri de Wet vir die #I am colour-projek, wat ’n viering is van ons land,” vertel Hykie aan Huisgenoot.

"Dit was maar net die begin van my transformasie toe ek die video geneem het, maar die foto lyk baie anders," vertel Hykie aan Huisgenoot. "Daar gaan later ’n uitstalling wees van 30 ander mense wat verskillende kleure geverf is." Hy wil niks meer verklap nie.

"Ek het daarvan gehou toe die mense vir my sê ek lyk soos Avatar, maar ek dink eintlik ek lyk soos Yondu in The Guardians of the Galaxy.

"Dit was nogal ’n missie om dit af te was, maar die finale foto’s het baie mooi uitgekom," voeg hy by.

Hykie Berg. Foto: Facebook.

Dit gaan deesdae baie goed met hom, vertel die akteur. En met die liefde gaan dit ook voor die wind. Die vrou in sy lewe is "absoluut wonderlik".

View this post on Instagram

It was a hard and tough year for all of us. I experienced a lot of pain, loss, heartache and lots of confusion. Yet, Christ always stayed faithful, and He pulled me through the valley of the shadow of death and allowed me to experience such beautiful mountain tops. I have met the most amazing women, someone who’s heart is with her Maker, fully convinced in who she was born to be and who journeys the road less travelled. My friends have been incredible, my Church, my family, work colleagues, all of which I am eternally grateful for. I have travelled hard, build solid businesses, invested in wonderful people and tried my best to commit, trust and have faith in the One who guides my life. Holy Spirit, without You, I would’ve been lost. But today, and only today, I have the strength and power to overcome anything! Because this moment, this “now” is all that we really have. And in this moment there is no fear, no worry and no anxiety. I have everything I need. Thank you. Lord, you got me through this year. I'm trusting You to see me through the next. Lord, the vision of tomorrow was, is and always will be from You, so I'm trusting you to do with it what only You can do. And as you will face the inevitable criticism and challenges that come from a God given vision, take the time to remember your God, who is great and who is awesome. Think about His faithfulness during 2018. He will never ever let you go. I am looking forward to building, supporting, bettering, helping and empowering the people in my life as well as all the other relationships yet still to be discovered in 2019. I love our country, our people and the hope that awaits all of us in His glorious inheritance for those who are faithful. HAPPY NEW YEAR! @sebastiaankamstra @gerridene_dv @woutersnyman007 @albala1960 @simonkamstra @rameyshort @reynardthugo @ultimatefreedomwithwerner @magrikie @cobusvdberg @jeaniswiegelaar #happynewyear #createyourdestiny #christisenough #victory

A post shared by Hykie Berg (@hykieberg) on

Die vrou met wie hy "amptelik gekys" is, soos hy daaroor spot, wil vir eers uit die kollig bly, het Hykie voorheen in ’n onderhoud met Huisgenoot vertel. Hy het wel verklap dat sy ’n prokureur en dieetkundige is. 

En waarna sien hy uit in 2019?

"Ek werk aan een of twee fliekprojekte en skryf aan my tweede boek wat handel oor aandagsgebrek-hiperaktiwiteitsindroom (AGHS) omdat die eerste boek (My Storie van Hoop) regtig ’n groot sukses was. Dit sal egter eers in 2020 op die rakke wees," vertel hy.

"Ek is sommer lekker besig en aan die gang," sê hy.