Die Shallow-sangeres en die 49-jarige talentagent het in 2017 in die geheim verloof geraak, maar sake het glo teen die einde van hul verlowing versuur, berig Us Weekly

“Chris het Gaga teen die einde van hul verhouding (van twee jaar) nie baie goed behandel nie,” het ’n bron aan die glanswebtuiste gesê. 

Nog ’n bron het onthul die Oscarbekroonde liedjieskrywer was die een wat hul verlowing verbreek het. 

“Hy was jaloers,” sê die bron. 

“Hy het haar heeltyd probeer opspoor en vir haar baie teksboodskappe gestuur. Haar vriende het ook nie van hom gehou nie.” 

Dit kom ná gerugte dat die sangeres en haar A Star Is Born-medester, Bradley Cooper (44), ’n romantiese verbintenis het, berig People

Maar Gaga het die gerugte in die kiem gesmoor tydens ’n onderhoud met die geselsprogramaanbieder Jimmy Kimmel. 

“Ja, mense het liefde gesien en raai wat? Dis wat ons wou hê julle moes sien,” het die 33-jarige gesê.

“Shallow is ’n liefdeslied, A Star Is Born is ’n liefdesverhaal.

“Dit was vir ons albei baie belangrik dat ons die hele tyd in verbinding was. Wanneer jy liefdesliedjies sing, is dit wat jy wil hê mense moet voel."

“Ek’s ’n kunstenaar en ek reken ek en Bradley het ons goed van ons taak gekwyt . . . Julle om die bos gelei!”

Sedert die beëindiging van haar verhouding het die sangeres en aktrise gerugte laat ontstaan dat sy met die akteur Jeremy Renner (48), met wie sy jare vriende is, uitgaan, berig W Magazine

Gaga bring glo baie tyd saam met die Avengers-akteur en sy sesjarige dogter deur, maar ’n bron sê hulle glo nie die verhouding “is in dié stadium romanties nie”.

Bronne: Us Weekly, W Magazine, Cosmopolitan

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!