Armie Hammer is die jongste Hollywoodakteur wat di
Armie Hammer is die jongste Hollywoodakteur wat die nuus gehaal het met ’n #MeToo-voorval. Foto: Gallo Images/Getty Images

Die boodskappe dateer terug na 2016, terwyl sommige so onlangs as Februarie 2020 gestuur is, toe hy nog met die TV-persoonlikheid Elizabeth Chambers (38) getroud was.

House of Effie beweer minstens vyf vroue was betrokke in affairs met die akteur – en elke vrou is laat glo dat hulle die enigste een is. Nadat die skermfoto’s op Twitter begin versprei het, het aanhangers bevraagteken of House of Effie dalk die boodskappe vervals het – iets wat die persoon agter die blad ontken het.

Maar ’n onderhoud wat intussen opgeduik het waar Armie sy seksuele voorkeure in 2013 met Playboy bespreek, het die bewerings teen hom aangevuur.

“Ek het altyd daarvan gehou om ’n dominerende minnaar te wees. Ek hou daarvan om die nek en hare en al daai dinge te gryp,” het hy gesê. “Maar dan trou jy en jou seksuele aptyt verander . . . Jy kan nie juis jou vrou se hare trek nie.” Die onderhoud is nog meer steurend aangesien vorige meisies volhou die skandalige bewerings is waar.

Armie en sy vervreemde vrou, Elizabeth, het in Jul
Armie en sy vervreemde vrou, Elizabeth, het in Julie 2020 aangekondig hulle skei. Foto: Gallo Images/Getty Images

Die skrywer Jessica Ciencin Henriquez, wat in September verlede jaar afgeneem is waar sy alte danig lyk met die akteur, het die Instagram-boodskappe op Twitter aangespreek.

“As jy nog steeds bevraagteken of daardie boodskappe van Armie Hammer die ware Jakob is (en dit is) moet jy dalk begin bevraagteken hoekom ons in ’n samelewing leef wat bereid is om mishandelaars in plaas van slagoffers die voordeel van die twyfel te gee,” het sy geskryf.

Nog ’n vrou wat onlangs met Armie verbind is, die model Paige Lorenze, het ook haar steun getwiet vir House of Effie se bewerings.

Armie se vervreemde vrou is “gewalg” deur die boodskappe, en volgens ’n hegte vriendin glo sy die vroue wat uitgepraat het daaroor. Sy beweerde perverse seksuele neigings was ’n “totale skok” vir die ma van twee, sê die vriendin.

“Armie het ’n heel ander kant waarvan sy nie bewus was nie. Sy weet nie of dit altyd daar was en hy dit weggesteek het, of iets gebeur het wat hom heeltemal verander het nie.”

Loopbaan verby?

Armie het ná die nuus sy rol in die eersdaagse JLo-fliek, Shotgun Wedding, laat vaar.

Vervreemde gesin

Die voormalige paartjie – wat ’n sesjarige dogter, Harper, en driejarige seun, Ford, het – het in Julie verlede jaar aangekondig hulle skei ná ’n huwelik van ’n dekade.

Foto: Instagram (@elizabethchambers)
Foto: Instagram (@elizabethchambers)

Eksmeisies

Jessica Ciencin Henrique 

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

Paige Lorenze

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

BRONNE: DAILYMAIL.CO.UK, PLAYBOY.COM, PAGESIX.COM, ELLE.COM, PEOPLE.COM, PAPER.COM