Hulle het die rolle van die twee gedoemde minnaars in die Baz Luhrmann-rolprent van 1996 vertolk. Die 39-jarige Claire het onlangs erken daardie gevoelens het ook van die stel af voortgeduur.

“Dit was problematies,” het sy aan die tydskrif W gesê.

“Ek kon nie regtig verlief wees op die ou op wie ek professioneel verlief was nie. ’n Hele paar gay mans het al vir my vertel toe hulle as kind Romeo + Juliet gekyk het, was hulle verward oor wie hulle wou soen – dit was as gevolg van Leo. En ek verstaan heeltemal.”

Claire Danes
Mark Wahlberg en Leo in The Basketball Diaries
Mark Wahlberg

Kort nadat Claire erken het sy was op Leo verlief, het die voormalige rapper en akteur Mark Wahlberg oopgemaak oor die onenigheid wat eens tussen hom en Leo, sy medester in The Basketball Diaries, bestaan het.

“Ek dink ons albei het ’n spesifieke mening oor mekaar gehad. As ’n rapper was ek ekstreem en luidrugtig en mal, en dit was ’n baie ernstige rolprent,” het die 47-jarige onthul.

“Hy wou my nie vir die rol gehad het nie, en ek het nie gedink hy was reg vir die rol nie. Ons albei moes regtig leer hoe om mekaar te respekteer.”

Maar Mark het verduidelik hy en Leo het ’n hegte band gesmee nadat vervaardiging eers begin het. Hulle het trouens weer saamgewerk vir Martin Scorsese se rolprent The Departed van 2006.

Bronne: Celebritynetworth.com, Pagesix.com, WMagazine.com, Hollywoodreporter.com

Foto's: Gallo Images/Getty Images, MGM