Onlangse foto's van die hoogswanger aktrise (43), wie se baba enige oomblik sy opwagting gaan maak, het die internet behoorlik laat gons.

Eva en die mediabaas José Bastón (50) is in Mei 2016 getroud. Hulle het in Desember laasjaar aangekondig sy is al vir vier maande swanger met haar eersteling. José, Eva se derde man, het drie kinders uit ’n vorige huwelik, berig Daily Mail.

Eva se aanhangers hou ook asem op vir die kleinding se koms. "Dit voel asof Eva Longoria al sedert die einde van Desperate Housewives ses jaar gelede swanger is," skryf een persoon op Twitter.

"Is dit net ek of is Eva Longoria al vir 84 jaar swanger," skerts nog een.

Eva het self onlangs met haarself die spot gedryf. "Whoa Baby! Dis omtrent ’n profiel," skryf sy by ’n foto waar sy in ’n stywe wit rok pryk en jy haar swanger boep in al sy glorie kan sien.

Eva geniet duidelik haar swangerskap en deel gereeld in die sosiale media kiekies van haar babamagie.

Bronne: Dailymail.co.uk, Thesun.co.uk