Hulde stroom in ná 'Egoli'-skepper Frans Marx sterf

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Franz Marx (79), die man uit wie se pen onvergeetlike sepietreffers gevloei het, het Sondag in Pretoria gesterf.
Franz Marx. Foto: Peet Mocke/Huisgenoot
Franz Marx. Foto: Peet Mocke/Huisgenoot

“Ek is tevrede met hoe my lewe verloop het en ek dink die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval,” het Franz in 2017 aan Huisgenoot gesê.

Toe die 79-jarige destyds aan sy eerste roman, Spieëlbeeld, gewerk het, het hy vertel hoe moeilik dit vir hom was om ure aaneen agter sy lessenaar te sit en skryf.

“Met Egoli was alles in my kop. Ek het ’n assistent gehad wat dit uitgetik en taalkundiges wat daarna gekyk het,” het Franz in sy aftreehuis in Stellenbosch vertel.

Franz is op 21 Maart 1942 gebore en het in 1968 sy debuut as akteur in die rolprent Jy is my liefling, teenoor Min Shaw gemaak . 

In sy huldeblyk aan Franz skryf die fliekresensent Leon van Nierop dat hy eintlik ’n boek oor homself en sy loopbaan verdien, want hy was een van die pioniers in die Suid-Afrikaanse televisiebedryf.

“Franz was groter as die lewe self. Sy persoonlikheid, die wyse waarop hy kritiek gegee het, sy skrywerstalent, sy skeppingsvaardighede, wat hy alles in die buiteland van sepies geleer het, en die wyse waarop hy met jou (as skrywer) gewerk het en hoe hy ingegryp het indien dinge op die Egoli-stel nie na wense verloop het nie, was merkwaardig,” skryf Leon.

Egoli plek van Goud het Suid-Afrikaners vanaf 1992 tot 2010 vasgenael voor die kassie gehou, terwyl sy skepping Agter elke man met die beminde Tannie Stienie (Dulcie van den Berg) van 1985 tot 1988 hemelhoog op kykers se gewildheidsleer was.


  • Franz het volgens sy broer, Johan, op 3 Julie positief getoets vir covid-19 en het hy daarna gesukkel met lang covid. Franz was ook in die hospitaal opgeneem. Hy laat twee kinders en ’n kleinkind na.

HULDEBLYKE

Intussen stroom huldeblyke in vir die man wat so 'n reusebydrae vir Afrikaans op die kassie én in die fliekteater gelewer het.









Bykomende bronne: proteaboekhuis.com, jacarandafm.co.za, thesouthafrican.com, netwerk24.com

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe

Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees