Lieb Bester
Lieb Bester

“Dis hartseer, en ons het al vanoggend huilsessies gehad, maar ons het die vrede van die Here in ons harte.”

Lieb het nierversaking opgedoen weens covid-19 nadat hy op 24 Junie vir die eerste keer opgeneem moes word in ’n hospitaal in Pretoria weens die virus.

André en Lieb het gisteraand tienuur oor die foon gesels. “Hy het opgewonde vertel die dialise werk,” sê hy in ’n telefoniese onderhoud met Huisgenoot.

Die akteur Lieb Bester is eersdaags in die splinternuwe kykNET-dramareeks Spoorloos te sien. Foto: Verskaf.

“Saterdag was hy minder swak. Sondagoggend het hy met sy loopstok toilet toe gegaan. Ek het hom gevra of hy oukei is en hy het gesê hy voel heel goed. Toe hy terug kom, het hy geval en sy sleutelbeen gebreek.” Dis wat hulle die volgende dag in die hospitaal uitgevind het.

Verlede week het hy weer uit die hospitaal gekom. “Dit het heel mooi gegaan. Sy suurstofvlakke het begin klim, en ons het hom begin afspeen van die suurstofmasker,” vertel die dominee van die Evangelies-Gereformeerde Kerk in Rietfontein, Pretoria. Lieb bly al twee jaar by André en sy vrou, Annatjie, in die pastorie.

“Die afgelope twee weke het hy oorgeloop van dankbaarheid vir al die steun en kommer van mense oor sy gesondheid en dat die Here so goed vir hom was,” vertel André. “Dit is wat vir my die uitstaande was. Die onophoudelike dankbaarheid van hom,” vertel hy verder.

Ds. André Bester en sy vrou Annatjie. Foto: Verska
Lieb se broer, ds. André Bester, en sy vrou, Annatjie. Foto: Verskaf

En toe is hy sag in sy slaap in die hospitaal oorlede.

Dit was in 2015 Lieb se swanesang op die kykNET-sepie, Villa Rosa, in die rol, van Fritz Retief. Hy maak in 1969 sy debuut as akteur in die toneelspel, Die ryk weduwee van Uys Krige. Sy eerste rolprent was die Seun van die wildtemmer in 1973.

Lieb en sy dogter Nicole in 2003 saam met haar hond, Kuschka. Lieb se jongste dogter, Suné, en haar ma, Lieb se eksvrou Hanlie, is in 2002 in ’n gesinsmoord doodgeskiet. Foto: Argief.

Baie lank voor die covid-19-pandemie het die akteur deur baie diep waters gegaan. Op 3 Julie 2002 het hy die tyding ontvang dat sy eksvrou, Hanlie (40), en hul jongste dogter, Suné (7), dood is en hul oudste, Nicole (toe 10), in ’n kritieke toestand in die hospitaal lê met ’n skietwond aan haar maag.

Lieb word tydens Suné en Hanlie se begrafnis in 2002 deur ’n vriendin ondersteun. Foto: Argief.

Die dogters se stiefpa, Gerhard Pieterse, ’n 41-jarige eiendomsagent, het ook sy eie dogter, Elzanne (17), by die gesin se huis in Rooihuiskraal, ’n gegoede buurt in Centurion, doodgeskiet voor hy homself om die lewe gebring het.

Maar toe het covid hom platgetrek.

“Ek is nou op pad begrafnisondernemer toe,” het André aan Huisgenoot gesê. Begrafnisreëlings sal kort voor lank beskikbaar wees.

Huldeblyke stroom in:

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op FacebookTwitterInstagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe.