Die ongeluk het in die Oos-Kaap plaasgevind.

Jacques (52) het omstreeks 10:30 Sondagoggend tussen Alexandrië en Bushmans River verongeluk. Volgens sy woordvoerder, Lydia Winchester, was hy alleen in sy motor toe daar 'n botsing met 'n ander voertuig reg van voor plaasgevind het.

“Sy saggeaarheid en nederigheid sal ons altyd bybly en hy los ‘n groot leemte in die Afrikaanse musiekbedryf,” het Lydia gesê.

’n Emosionele Lydia het aan Huisgenoot vertel hoe sy een keer vir Jacques tydens ’n KKNK-optrede behoorlik oor die kole gehaal het (agter die skerms natuurlik) — omdat hy nie die lirieke van sy Girl van die Klein Karoo goed genoeg geken het nie.

“Hy het dit nooit vergeet nie,” onthou sy die man met ’n groot liefde vir musiek.

Jacques, wat veral naam gemaak het met sy Girl van die Klein Karoo, ’n herverpakking van sy debuut Kanniklani-album, ’n geweldige hupstoot vir Afrikaans musiek in die kontemporêre mark meegebring.

Solank hy musiek kon maak, was hy gelukkig: van rock en pop tot boeremusiek en reggae.

Selfs die FAK-liedjies het onder die man se bekwame vingers en stem deurgeloop en die lekker teruggesit in saamsing.

Einde Mei het hy in Bathurst opgetree.

Nog een van sy trefferliedjies is Sê Dit Stadig.

Jacques Arendt, programaanbieder van Lekker Ontbyt op Perron 95.1 FM sê hy is hartgebroke oor die afsterwe van sy vriend.





Jacques se seun verongeluk
Basil het Vrydagaand 19 September 2014 omstreeks 20:30 in Port Elizabeth in ’n motorongeluk gesterf toe hy na bewering beheer oor sy motor verloor het.
  • Daar word 21 Junie 21:00 ‘n konsert van Jacque de Coning op kykNET NOU, DStv kanaal 146 uitgesaai: Jacques De Coning: Afrikaans My Trots.

Bykomende bron: jacquesdeconing.co.za,