The Weeknd, wat onlangs op die tydskrif Time se voorblad verskyn het, sê hy het aanvanklik ’n "vrolike, pragtige" album geskryf, skynbaar geïnspireer deur sy romanse met die sangeres.

Maar toe hul verhouding van 10 maande verbrokkel en Selena weer met haar eks Justin Bieber versoen, het hy die album laat vaar omdat hy "nie iets wou uitvoer wat ek nie voel nie".

Een van die liedjies op die vyfsnit-CD wat uitstaan, is Call Out My Name – dit gaan oor ’n minnares wat jou los en met jou emosies speel.

Hy was onlangs op die tydskrif Time se voorblad.

Aanhangers reken die lirieke in die emosiebelaaide liedjie bevestig gerugte dat die sanger vir Selena een van sy organe aangebied het toe sy ’n nieroorplanting nodig gehad het.

"I almost cut a piece of myself for your life, guess I was just another pit stop ’til you made up your mind, you just wasted my time," sing hy.

Bella Hadid (21)

Ons wonder wat sy aan-af-meisie, Bella Hadid (21), daarvan dink . . .

Bronne: time.com, dailymail.co.uk

Foto's: Gallo Images/Getty Images