Hykie, wat onlangs met die Tempo-toekenning vir die sepie-akteur van die jaar weggestap het vir sy rol as dr. Conrad Bester in die KykNET-sepie Binnelanders, sê hy eet enigiets wat Kersfees vir hom voorgesit word.

"Ek berei gewoonlik alles vir Kersfees en vanjaar gaan ek na my ma, Pauli Berg (in Pretoria), vir Kersfees. Ek gaan haar met lekker kos op die dag verras,” sê die akteur.

“Ek weet nog net nie wat ek gaan berei nie,” voeg hy by.

En wat is sy spesiale bederfie aan mense vir Kersfees?

“Ek het ’n klomp boeke gekoop en gaan dit vir mense gee. Ek gee nie juis meer groot geskenke nie en gaan hulle eerder van my tyd gee.

“Ek gaan ook nie juis groot met Kersfeesvierings nie, want elke dag is eintlik vir my Kersfees. Daarom wil elke dag vir mense geskenke gee en met hulle oor Jesus praat,” sê Hykie.