Nou is dit haar beurt en die 28-jarige aktrise het Saterdagoggend aan haar kêrel, Andries Pretorius, verloof geraak.

Dié storie het ook geen tekort gehad aan verrassings en romanse nie en Simoné het aan Sarie vertel dat sy totaal en al onkant betrap is. Die paartjie was in Dullstroom in Mpumalanga vir wat Simoné gedink het 'n vriend se 30ste verjaarsdagviering sou wees.

View this post on Instagram

JAAAAAAAAAAAAAAAAAA. ????

A post shared by s i m o n é n o r t m a n n (@simonenortmann) on

Simoné het die nuus met ’n Instagram-inskrywing bekend gemaak en gelukwensings het ingestroom van aanhangers en bekendes. Die akteur Zak Hendrickz en die sanger en TV-aanbieder Francois van Coke was onder die bekendes wat in hul geluk gedeel het.

"Ah yes, so bly vir jou. Ek is baie opgewonde vir julle volgende hoofstuk. Liefde en geluk en alle alle voorspoed," het haar mede-aktrise in die trefferfliek, Stroomop, Carla Classen, vir haar met baie hartjie-ikone geskryf.

View this post on Instagram

Eucharisteo.

A post shared by s i m o n é n o r t m a n n (@simonenortmann) on

Die superstilis Werner Wessels en 7de Laan se Emma, Bertha le Roux-Wahl, het ook die oomblik as die "wonderlikste" en "beste" nuus besing.

Volgelinge op Instagram van Simoné het gemeen dis net ’n kwessie van tyd voordat haar kêrel die jawoord sou vra, aangesien sy gereeld pragtige kiekies van hulle deel.